Baba & Kleuter

10 - dag - plan VIR JOU & JOU PASGEBORENE

DAG 1

As dit by nuwe babas kom, voel sommige dinge vir ons natuurlik terwyl ons ander algaande aanleer. Dankie tog vir “goedvoel”-hormone soos oksitosien wat hiermee help. Dis teenwoordig terwyl ons swanger is en word in groot hoeveelhede vrygestel terwyl ons kraam. Hierdie wonderlike hormone sorg dat jy gelukkig en lief vir jou nuwe baba voel sodat julle kort voor lank ’n hegte band deel.

Die goedvoel-hormone is ook daarvoor verantwoordelik dat jou melk afsak en help om die eerste borsvoeding-probeerslag natuurlik te laat voel.

WAT JY KAN DOEN Sorg dat jy jou baba naby aan jou hou. Sit met jou baba in jou arms, praat met en sing vir haar. So sal jy haar gou leer ken en beter verstaan. Borsvoed jou kleinding wanneer sy honger is en bly sommer van die begin af weg van die horlosie!

DAG 2

Jy het seker vinnig agtergekom dat jou nuwe baba óf drink óf slaap. Pasgeborenes slaap vreeslik baie, maar net vir kort rukkies op ’n slag. Jou nuwe baba behoort elke twee tot drie uur wakker te word om te

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Baba & Kleuter

Baba & Kleuter2 min read
Wat’s Nuus?
Dié Johannesburgse laer- en preprimêre skool help sorg dat jou kind ’n uitstekende en holistiese opvoeding kry. By Jan Celliers Laerskool en Preprimêr hoef jy nie bekommerd te wees nie. Dis ’n onafhanklike skool in Parkview, Johannesburg, wat die ho
Baba & Kleuter2 min read
Wat’s Nuus?
Conscious Birth: Inner Wisdom for Modern Mothers deur Theoni Papoutsis, ’n gesoute doula, hipnogeboorte-praktisyn en lewensafrigter van Johannesburg, bevat tegnieke vir swangerskapsjoga, bewustheid en nog baie meer. Aan die einde van hierdie werkboek
Baba & Kleuter6 min read
Verstaan Kraam
WAT MET JOU LYF GEBEUR Jou serviks begin sag word en gaan effens oop. Kontraksies is kort, matig en ongereeld. Dit voel soos ligte rugpyn of menstruasiepyn laag in jou buik. ANDER TEKENS ■ Meer vaginale afskeiding ■ Skielike gewigsverlies ■ Knaend

Related