Huisgenoot

MAN VAN FEITE EN GEITE

WEINIG dinge sal jou aandag van ’n gesprek met Malcolm Gladwell kan aflei: Die skrywer is ’n bol merkwaardige feite, verrassende staaltjies en swaaiende arms. Tog dwaal my aandag weg, want teen sy kantoormuur in Hudson, New York, is ’n reusefoto van Mao Zedong.

In sy kenmerkende grys pak en met ’n effense grynslag hang die moorddadige Chinese diktator dreigend bo die 57-jarige Malcolm se regterskouer.

Hy dink die plakkaat is skreeusnaaks. Hy het dit 15 jaar gelede op ’n garageverkoping gekoop en onlangs weer in ’n kas daarop afgekom, vertel hy.

“Ek het gedink hoe snaaks dit sou wees om Mao oor my skouer te kan sien terwyl ek by my lessenaar besig is,” vertel hy. “Hierdie werklik veragtelike tiran herinner my aan hoe belangrik dit is om menslik te wees terwyl ek werk.”

Dis hoe Malcolm is: eienaardig, anders en ’n meester van verrassing.

Ons ontmoet mekaar op Zoom, ek in ’n halfdonker hotelkamer in Manhattan; hy in sy sonnige kantoor. Kommerwekkend maer in sy kappietop, met sy kenmerkende bos krulhare kort geknip, doem Malcolm se gesig byna té naby die skerm op elke keer wanneer hy iets wil benadruk.

Hy het die houding van ’n oorgretige vermaker op ’n kinderpartytjie, maar dit is alles vreemd aansteeklik. Al hou jy nie van sy “slim dink”-roetine waaruit ’n hele bedryf uitlopers en nabootsers gespruit het nie, is dit onmoontlik om in die man se geselskap verveeld te wees.

Hierdie eienskappe het sy buitengewone loopbaan aangevuur wat strek oor 25 jaar by , ses blitsverkopers en ’n ontluikende podsendingryk waarvan ’n nuwe die anker is. Dit bied alternatiewe blikke op allerlei kwessies soos waarom gholfbane ’n bedrogspul is en die verskil tussen Israelse en Amerikaanse chutzpah. se sesde seisoen begin binnekort en dit verskyn gereeld boaan die trefferlyste.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
’n “Bewering” is as jy sonder bewys ’n mening verkondig. So hoor ek. “Beweer” kom van “bewaar” – letterlik iets wat jy wil waar maak. Oftewel “bewaarheid”. En só het bewaar ook begin beteken dat jy iets in stand hou. Jy pas dit mooi op. Dié groepie w
Huisgenoot2 min read
Wil Jy ’n Skrywer Word?
Het iemand al vir jou gesê jy skryf mooi opstelle? Of dink jy self jy skryf nogal oulike stories? As jy ’n groot begeerte het om eendag jou stories in ’n tydskrif of boek te sien, moet jy dadelik vir die Kommadagga-slypskool inskryf. Dit word vir die
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Katinka Oosthuizen
Wat is geluk vir jou? Om content te wees. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Die dag toe ek getrou het. Toe ek so by die aisle afstap en my man tjank, toe dink ek: “Mm, nou is ek gelukkig.” Wat verveel jou? As iemand net oor hulself praat. Wa

Related