Kuier

IN DIE KOMBUIS

KREEFKERRIE

Genoeg vir 4 – 5

BESTANDDELE

4 mediumgrootte uie, gekap
3 – 4 knoffeltoontjies, geskil en gekap
60 ml (¼ koppie) olie
15 ml (1 eetlepel) borrie
45 ml (3 eetlepels) geroosterde masala
5 ml (1 teelepel) sout
5 heel krewe, gebruik ook die koppe
Vars koljander vir garnering, gekap

METODE

Braai die uie en knoffel in die olie vir 10 tot 15 minute in ’n groot pot oor medium hitte. Voeg nou en dan so 2 eetlepels water by sodat die uie nie aanbrand nie. Voeg die borrie, masala en sout by en kook vir 10 minute. Voeg nou die kreef en 2 koppies water by. Laat dit onbedek kook vir 10 minute of tot die doppe na helderrooi verander. Strooi die koljander oor en bedien met rys of brood met botter.

JOEY RASDIEN

(as Zunaid Davids in Barakat)

Zunaid is die oudste van die vier seuns, ’n konserwatiewe man wat probeer om te midde van ’n morsige egskeiding van Ra-eesah, sy vrou van 20 jaar, aan sy wortels vas te klou. ’n Sluimerende konflik met sy broer Zaid oor die erflating van sy pa se familiebesigheid het Zunaid met ’n permanente gegriefdheid gelaat. Terwyl kleinlike konflikte onder die oppervlak broei, weier Zunaid om te vergewe en kruip hy agter sy vrome toewyding aan Islam weg.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier2 min read
Maak Só Opsommings
’n Opsomming is ’n kort weergawe van die belangrikste inligting uit ’n lang teks. Jy gebruik dit veral wanneer jy moet leer vir ’n vak wat baie inhoud bevat en jy net spesifieke feite wil onthou (funksionele opsomming). Op skool word daar ook van jou
Kuier11 min read
Vaarwel Aan Die Vlei Se Mense
Die wel en weë van die leerders en onnies by die fiktiewe Hoërskool Arendsvlei op die Kaapse Vlakte hou ons sedert 1 Oktober 2018 vasgenael voor ons TV's. Daar was gekonkel, hope verraad, affairs en selfs ’n moord of twee (of drie) … En nou, ses seis
Kuier1 min read
Wenke Om Jou Eie Breinkaart Te Maak
1 Gebruik ’n skoon bladsy. Skryf die hoofgedagte of sleutelwoord in die middel van die bladsy neer. 2 Jy kan selfs die woord teken. Maak dit kleurvol. Jy kan ook jou eie kodetaal of “leertaal” ontwikkel. 3 Skryf die ander sleutelwoorde of belangrikst

Related