Huisgenoot

WINTERBREDIES

RANDREKKERGROENTESTOWE

GENOEG VIR 4-6 MENSE

BEREIDING: 15 MIN.

GAARMAAK: 30-35 MIN.

GROENTESTOWE

15 ml (1 e) olyfolie
1 rooi-ui, in dik skywe gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
2 wortels, in ringetjies gesny
1 botterskorsie, geskil en in blokke gesny
60 ml (¼ k) water
500 ml (2 k) brediebasis (sien resep op bl. 23)
1 blomkool, in kleiner boompies gesny
1 x 410 g-blik botterboontjies, gedreineer
1 x 410 g-blik kekerertjies, gedreineer
sout en vars gemaalde peper
sap van 1 suurlemoen

KRUMMEL

1 ciabatta-rolletjie, in growwe krummels gebreek
2 knoffelhuisies
30 ml (2 e) olyfolie
’n hand vol pietersielie, gekap
gerasperde skil van 1 suurlemoen

Voorverhit die oond tot 200 °C. Hou ’n bakplaat byderhand.

1 Groentestowe Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die ui en knoffel ’n minuut lank. Voeg die wortels, botterskorsie en water by en laat 15 min. prut. Roer af en toe.

2 Voeg die brediebasis en blomkool by en laat 10 min. prut of tot die botterskorsie gaar is.

3 Voeg die boontjies en kekerertjies by en verhit. Geur met die sout en peper en suurlemoensap.

Meng intussen die krummels en knoffel goed en geur met die sout.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
’n “Bewering” is as jy sonder bewys ’n mening verkondig. So hoor ek. “Beweer” kom van “bewaar” – letterlik iets wat jy wil waar maak. Oftewel “bewaarheid”. En só het bewaar ook begin beteken dat jy iets in stand hou. Jy pas dit mooi op. Dié groepie w
Huisgenoot2 min read
Wil Jy ’n Skrywer Word?
Het iemand al vir jou gesê jy skryf mooi opstelle? Of dink jy self jy skryf nogal oulike stories? As jy ’n groot begeerte het om eendag jou stories in ’n tydskrif of boek te sien, moet jy dadelik vir die Kommadagga-slypskool inskryf. Dit word vir die
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Katinka Oosthuizen
Wat is geluk vir jou? Om content te wees. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Die dag toe ek getrou het. Toe ek so by die aisle afstap en my man tjank, toe dink ek: “Mm, nou is ek gelukkig.” Wat verveel jou? As iemand net oor hulself praat. Wa

Related