Huisgenoot

VIVA DIE VIVIER-VROUE!

DIT is ’n sonderlinge lekkerte in hierdie tyd van virtuele kuiers: Om op een slag met drie dinamiese vroue te kan gesels. Dis nie vreemd om hulle voor jou op die skerm te sien nie – die televisieaanbieder Adri Vivier en haar twee beeldskone aktrisedogters, Trix en Lea, kuier immers gereeld in verskeie programme op die televisieskerms in Suid-Afrikaanse sitkamers.

Maar toe die drie Vivier-vroue borrelend begin vertel van hul paadjies tot hier, hul liefde vir toneelspel en hoe heg die gesin is, is dit asof jy in ’n warm binnekring ingenooi word.

“Kyk hoe mooi lyk julle,” sê Adri (59) toe sy haar twee dogters op die skerm sien. Sy was nog tot onlangs een van die drie wyse “oumas” met tonne raad uitdeel aan ander wat met alledaagse dilemmas stoei. En sy is reg – al drie vroue sit dalk in die gemak van hul eie huis, sonder ’n haarstilis of grimeerkunstenaar byderhand, maar hulle lyk net so pragtig en stylvol soos wanneer die kollig op hulle val en die kameras begin rol.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Op Die Skoolbanke …
ANTWOORDE: 1. JESSICA ALBA, 2. AVRIL LAVIGNE, 3. NICOLAS CAGE, 4. CINDY CRAWFORD, 5. BARACK OBAMA, 6. QUEEN LATIFAH, 7. OWEN WILSON, 8. MADONNA, 9. TOM HANKS ■
Huisgenoot4 min read
Ongewerwelde Diere
KAN jy glo 97% van diere op Aarde het nie ’n ruggraat nie. Dit klink ongelooflik, maar dis waar, en jy sal sien dat hierdie ongewerweldes van die vreemdste en wonderlikste wesens is wat jy kan teëkom! Daar is nagenoeg 35 groepe ongewerweldes, en somm
Huisgenoot6 min read
Doodgewoon
DIS die middel van die nag, die middel van Mei, die middel van die neëntigs. Ons is in ons vroeë twintigs, op die N1 iewers anderkant Bloemfontein. Ver anderkant. Anderkant Welkom ook. Op pad na ’n vriend in die noorde. Die radio vang lankal net ’n g

Related