Landbouweekblad

Populisme nie oplossing vir probleme

KORTOM

■ Die oorsprong van politici kan teruggevoer word na die landbourevolusie, toe gemeenskappe leiers begin nodig kry het om geskille oor sake soos grondgebruik te besleg.

■ In tye van onsekerheid en vinnige verandering ervaar baie mense ’n verlange na “die goeie ou dae” toe hulle nog sin kon maak van die wêreld. Sommige politici buit hierdie sentiment uit – soms met ernstige gevolge.

■ Suid-Afrika se boere het al gewys hoe die regte ingesteldheid ná ’n verlies aan groepsidentiteit en -beskerming tot ’n toename in produktiwiteit kan lei.

Op 6 Januarie het die twee huise van die Amerikaanse kongres as ’n blote formaliteit in ’n gesamentlike sitting byeengekom om die kieskollegestemme van 306 teenoor 232 te sertifiseer sodat mnr. Joe Biden, die voormalige vise-president, as die 46ste president van Amerika bevestig kon word. Met die verkiesing op 3 November 2020 het hy 7 miljoen meer stem-me as sy teenstander, pres. Donald Trump, gekry en genoeg deelstate gewen om die meerderheid stemme in die kieskollege op hom te verenig.

Die sittende president het ná twee maande nog nie toegegee dat hy die verkiesing verloor het nie. Trump was inteendeel op daardie oomblik besig om duisende ondersteuners in ’n vooraf beplande protesbyeenkoms toe te spreek, en hy het hulle aangemoedig om na die kongresgebou (Capitol) op te ruk om “die land terug te vat”.

Ná meer as 60 hofuitsprake, die oortel van stemme in verskeie deelstate én ’n verklaring deur die Amerikaanse departement van justisie dat daar geen grootskaalse verkiesingsbedrog gevind kon word nie, het Trump steeds volgehou dat hy die verkiesing oortuigend gewen het en dat die verkiesing van hom “gesteel” is.

Sommige van sy ondersteuners het sy

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Plaasverkope
EIKENHOF (323) 24 h, aan Destiny Spring Investments 3 (Edms.) Bpk., van S.P. Barnard, R9250000. FRISCHGEWAAGD (562) 503 h, aan Zumbani Prop (Edms.) Bpk., van Hendrik van Wyk Trust, R9 000 000. KOOLFONTEIN (431) 69 h; STERKFONTEIN (424) 87 h en WELVER
Landbouweekblad2 min read
Aanpasbare Diere Waarborg Sukses
Met die klem op prestasietoetsing en aanpasbaarheid behaal die Advocate-stoetery van regter Callie Cillié en sy dogter, Erina Cillié-Du Preez, deurlopend sukses in die Sussex-bedryf. Cillié, wat intussen sy regstoga opgehang het, en sy steunpilaardog
Landbouweekblad2 min read
Stof Tot Nadenke
’N GESAGHEBBENDE verslag deur PwC oor vyf dwingende wêreldkwessies en hul implikasies is onlangs bekend gestel. Sowat tien jaar gelede is die vyf faktore – toenemende ongelyke welvaartverspreiding, demografiese druk, ’n toename in nasionalisme en pop

Related