’N MA SE MARTELING
Rus in vrede. Dís ’n frase wat ons deesdae al hoe meer gebruik, een wat elke keer ’n bietjie harder en seerder tref. Daar gaan nie ’n dag verby wat ’n mens nie die spoor van verwoesting sien wat die dodelike coronavirus agterlaat nie…
Die virus is een wat families uitmekaarskeur, ’n vyand wat net bly vat. Die statistieke is nie meer net syfers nie, dit is mense wat ons ken – geliefdes, ouers, kinders.
Op 24 Desember verlede jaar het Anischa Morris (24), ’n jong ma van Ocean View op die Kaapse Vlakte, een van dié gesigte geword. Toe het sy nog geleef en van haar hospitaalbed op sosiale media gepleit dat mense die virus ernstig moet opneem. Sy was toe reeds twee weke lank in die hospitaal weens Covid-19.
Haar groen oë het ’n intensiteit aan hulle gehad wat maak dat ’n mens nie kon wegkyk nie en die Facebook-inskrywing wat gepaard gegaan het met ’n foto van haar met suurstofpype in haar neus, het die realiteit van die virus dringender laat posvat.
’n Gedeelte uit die inskrywing lui:“Dit is iets waarmee niemand moet speel nie. Jy weet nie waarvandaan jy dit kan kry nie. Bly veilig daarbuite. Doen wat jy moet doen om te vermy dat jy die virus opdoen. En nee ek doen dit nie vir aandag nie. Dit het my twee weke gevat om die inskrywing te skryf. God het my die
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days