Landbouweekblad

3 000 dae se droogte

Jy wil nie graag aan die duiwel dink op ’n Sondag nie. Maar tussen Van Wyksvlei en Brandvlei draai stofduiwels op elke horison waarby ’n mens se oë kan uitkom. Hulle dans oor die lae, swart rantjies. Hardloop voor jou in op die vaal grondpaaie.

Hulle tel die bruinrooi grond van die kaaltes op en draai dit hoër en hoër tot net onderkant die son sodat almal kan sien hoe dood die aarde hierlangs is.

Hier waar die Bo-Karoo die Boesmanland se hand kom vat, maar die een nie die ander kan moed inpraat nie.

Ná agt jaar se droogte is daar nie meer woorde wat sin maak nie.

’N SPRINKAANJAAR IS ’N GOEIE JAAR

“Elke dag het dieselfde geraak,” sê mnr. Dawid le Roux op Flamingosvlei se stoep. Die kwik in die termometer het tot by 40 °C gerek. Die potplante het inmekaargesak. Binne die huis is die tweerigtingradio stil.

“Daai radio is gewoonlik heeltyd besig. Die boere hierso hou van gesels en om

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
Hoe Shell Se Onttrekking Die Landbou Raak
PROF. Johan Willemse, onafhanklike landbou-ekonoom, sê Shell se onttrekking, wat behels dat hy sy vulstasies (die sogenoemde stroomaf-bedrywighede) in Suid-Afrika gaan verkoop, gaan op die oog af nie veel van ’n impak op die landbou hê nie. “Ander ma
Landbouweekblad2 min read
Stof Tot Nadenke
SOWAT 80% van boere wat hul plase verloor, beland in dié situasie vanweë swak finansiële bestuur en besluite, en nie vanweë ’n swak landboujaar nie. Volgens Dawie Maree, hoof van inligting en bemarking by FNB, weet die Suid-Afrikaanse boer hoe om ’n
Landbouweekblad1 min read
Landbouweekblad
Redaksie KAAPSTAD Heerengracht 40, Posbus 1802, Kaapstad 8000 Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com)Inhoudshoof Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com)Produksiebestuurder Gretchen PeiserSpesialisskrywer Amelia GenisJoernaliste Lucille

Related