Huisgenoot

ONS JAAR VAN SWAARKRY EN SAMESYN

OP HUL troudag byna ’n jaar gelede het hulle die toekoms blinkoog tegemoetgegaan in die hoop dat die swaarkrydae vir hulle verby is.

Min het die sanger Manie Jackson en sy blonde bruid in haar meerminstyl-trourok toe geweet hul eerste huweliksjaar sou geen lang, sorgelose wittebrood wees nie. Nie met die coronaviruskrisis en inperking wat Manie se inkomste feitlik oornag sou laat opdroog en die geldskoen nog erger sou laat knyp nie …

Daarby het die groot K weer sy skadu oor Christel (39) kom gooi, en die vrees dat sy geliefde vrou van hom weggeruk kon word, het Manie (40) nog dieper in die depressie laat versink waarteen hy al jare lank stry.

“Hemel, daar was die een slag ná die ander,” sê hy by sy grasdakhuis in Sasolburg en skud sy kop. “Die jaar het ons behoorlik aan die hare beetgehad.”

Sedert hul sprokiestroue op 25 Januarie 2020 in die Magaliesberge het hulle al meer as die spreekwoordelike sewe sakke sout saam opgeëet, is hulle dit eens.

“Séwe?” sêvra Manie met ’n grynslag. “Eintlik was dit 1 000 sakke sout.”

Maande lank het hulle alles probeer om kop bo water te hou, maar steeds het die skuldeisers aan die deur kom klop. Toe aanlyn vertonings tydens die inperking begin posvat, het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te

Related