Huisgenoot

LIEFDE DEUR DIE TRANE

DIE stamperige rit op die klipperige grondpaadjie na die trouvenue hoog teen die hange van die Magaliesberge herinner vandag aan die moedige stryd wat die minnesanger en sy bruid elk moes deurmaak voor dié heuglike dag.

Maar nie eens die fel somerson kan vanmiddag die vreugde demp nie. In die koelte van die buitelugkapel wag ’n stralende Manie Jackson nou fier en flambojant in ’n blink, geborduurde wit en silwer baadjie. Hy kan nie ophou glimlag nie, want eindelik kan hy en sy fyn blondekopverloofde, Christel Coetzee, saam die pad vorentoe aandurf. Vandag is hul mooiste dag van liefde – hul troudag.

Onder die 190 trougaste wat hul plekke ingeneem het, is daar benewens familielede en hartsvriende ook vele bekende gesigte, soos dié van die sangers Manuel Escórcio, Min Shaw en Clive Bruce, en selfs die oudbokser Jimmy Abbott, te sien.

En dan, kort ná drieuur, maak die fraaie Christel haar verskyning – op die rug van ’n bruin perd, in ’n spierwit skepping van kant en pêrels, met wit velskoene aan haar voete. Haar ouboet, Bennie (40),

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Die Goeies, Die Grotes En Die Mooies
Clint het al meer as 40 keer in die regisseurstoel gesit en in meer as 70 flieks verskyn. In The Good, the Bad and the Ugly was hy “the man with no name”, maar ná die western het álmal sy naam geken. In 1992 het hy die Wilde Weste op ’n heel ander ma
Huisgenoot1 min read
Agter Die Skerms
▶ Die reeks is in die noordelike voorstede van Kaapstad verfilm, asook op Stellenbosch en in die Jonkershoek-omgewing. ▶ Die vervaardigers het ’n ou herehuis op ’n kleinhoewe naby Durbanville gehuur om as Oupa en Ouma se huis te dien. Hulle het die p
Huisgenoot11 min read
GlutenVRYE LEKKERnye
t – teelepel/s e – eetlepel/s k – koppie/s BEREIDING: 20 MIN. / GAARMAAK: 30-40 MIN. KOEK ◗ 220 g amandelmeel◗ 50 g glutenvrye hawermoutmeel◗ 5 ml (1 t) bakpoeier◗ 2,5 ml (½ t) sout◗ 3 groot eiers, by kamertemperatuur◗ 75 ml gesmelte en afgekoelde kl

Related