Huisgenoot

MY BRUILOF SONDER HOM

ALLES was gereed en prentjiemooi vir haar groot dag.

Op die gasteplaas tussen die lowergroen Overberge buite Swellendam was die tafels gedek, versier met woestynrose en heuningblommetjies. Eenkant het die pronkstuk, die troukoek, gewag om gesny te word.

Ook die klankstelsel was reg vir die oomblik wanneer die dansbaan geopen word met Dirk van der Westhuizen se romantiese liedjie “Fairytale”.

En Trudie Swanepoel hét soos ’n sprokiesprinses gevoel in haar bruidsrok; haar hare in ’n keurige kapsel gedoen. Ook die strooimeisies was reeds in hul mosterdkleurige rokkies geklee; die strooijonkers in spierwit hemde met leerkruisbande. Die 60 trougaste en die pastoor het reeds gewag. Die bruidegom was wel ’n bietjie laat . . .

“Nie ek of my familie het gesien nie,” vertel Trudie (27) ons vandag. Eindelik het sy haar aanstaande gebel. En in ’n oogwink is haar toekomsdroom verpletter. “Ek gaan nie kom nie. Kom ons los alles,” het sy Martin Strydom (35) hoor sê.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Ons Vriendskap Voor En Agter Die Skerms
TOE hulle hoor hulle gaan saam in ’n kortfliek verskyn, het hulle eers ’n bietjie “uitgefreak van opgewondenheid”. Dis immers iets waaroor hulle al ’n paar jaar droom, vandat hulle mekaar ontmoet het. Nou is die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Ho
Huisgenoot1 min read
’n Fiets, ’n Paar Moeë Bene En ’n Droom
WAT sal maak dat enigiemand meer as 1 500 km op ’n fiets wil rondrits? Dit klink dan soos malligheid? Vra jy egter die “Spore”-sanger, is die antwoord eintlik eenvoudig: liefdadigheid. “Hoekom op aarde sal ek van George af Mbombela toe op ’n fiets ry
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe

Related