Huisgenoot

SO TROTS OP MY EERSTE KLEINKIND

‘Milah is dalk buite die eg gebore, maar nie buite God se plan nie’

SY IS ’n piepklein bondeltjie met ’n welige bos donker hare en ’n mondjie wat graag lag – en haar ouma se oogappel.

Stap jy by die voordeur in van die huis in Montana Tuine, Pretoria, hoor jy hoe Gretha Wiid liefderik vir die kleinding vra: “Wie is die mooiste?” Haar stemtoon is speels. “En wie is die perfekste?”

Dan antwoord die trotse ouma self: “Jý is!”

Vir die bekende motiveringspreker is haar eerste kleinkind volmaak – al is die meisietjie met ’n bilaterale gesplete lippie en verhemelte gebore.

Dis klein Milah – maar pas twee maande oud.

En ja, haar koms is nét blye tyding, al verwag Gretha (48) saam met die vreugde oor haar eerste kleinkind dat daar ook beskuldigende vingers na haar gewys sal word.

“Hulle sal seker sê: ‘Kyk, nou het haar eie kind ’n baba buite die eg gehad,’” sê sy met ’n weemoedige laggie.

Gretha het haar immers nog altyd in haar bediening en by die huweliks-verrykingseminare en tienerkampe wat sy aanbied sterk teen voorhuwelikse seks uitgespreek. En nou is die oudste van haar vier dogters, Giano, op 23 ’n enkelma nadat haar verhouding met klein Milah se pa, Sharl Oosthuizen, beëindig is. Hy is die broer van diedeelnemer Katinka Oosthuizen.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa
Huisgenoot1 min read
Span Jou Mikrogolfoond In Vir Meer
Voor jy uie begin kap, sny die punte weerskante af en plaas dit 30 sekondes in die mikrogolfoond. Dit haal die brand uit die sap en keer dat die trane sal loop wanneer jy dit sny. Knoffel sal makliker skil as jy die hele knol 15 sekondes in die mikro

Related