Huisgenoot

WEGGERUK VOOR ONS KON TROU

DIE Oos-Vrystaatse vlaktes met sy laslappieswerk van landerye, plaasdamme en windpompe strek sag op die oog aan weerskante van die grondpad. Dan is daar ’n afdraaipad, en ’n klein wit motor by ’n plaashek.

Nog voor ons die jong blonde vrou kan groet, vang ’n spatsel kleur teen die klipmuurtjie van die hek die oog: ’n bossie geel blomme wat stilweg getuig van die moord op Brendin Horner. Selfs die wind waai koud en weemoedig asof dit die wrede verlies van ’n jong lewe betreur.

Ja, bevestig Lenize Taljaard (24) nadat sy die plaashek na De Rots, een van die plase van die Bloukruinboerdery in die Paul Roux-distrik, oopgemaak het. Dit is hier waar sy op die oggend van 2 Oktober Brendin se pet op die stukkie gras voor die muur gesien het ná ’n nag van angs omdat hy nie huis toe gekom het nie.

n Mes het bo-op die pet gelê. “Dit was nie Brendin se mes nie,” sê sy. Min woorde oor iets waaroor daar al sedertdien baie in die nuusmedia geskryf is.

Hier van die hek kan jy ook die plek sien waar Brendin deur sy moordenaars agtergelaat is – die paal waaraan die jong plaasvoorman se lyk vasgebind is nadat hulle hom wreed vermoor het. Maar Lenize het dit nie daardie oggend gesien nie, dalk weens haar angs oor wat die pet dan sou beteken.

Ek wou myself eers laat glo dalk is dit nie sy pet nie; al die werknemers het sulke pette gekry. Maar diep binne my het ek geweet

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Vier Die Liefde
Hy het byna twee dekades gelede gesing oor sy “Jessie baby” – sy was ’n Jessica aan wie hy tóé al sy ewige liefde verklaar het. Die ironie, natuurlik, is dat die rasperstemsanger RAY DYLAN nie in 2007 geweet het wie dié Jessica is nie, tot hy haar se
Huisgenoot2 min read
Ziza En Nickey Jacobs
EK HET my pa in 2004 in ’n ongeluk verloor. Hy het van Victoria-Wes Kaap toe gegaan om werk te gaan soek, en hy sou weer in Desember daai jaar terugkom, maar hy’s in November in die ongeluk dood. So toe is die broodwinner weggevat. Dinge was donker.
Huisgenoot6 min read
Menings Oor Stories Op Huisgenoot.com
Marinda Engelbrecht praat oor haar vriendskap met Peter Veldsman, die befaamde sjef, kosredakteur en kookboekskrywer wat op 82 oorlede is Hy was ’n ware kosikoon, so innoverend en wêreldwyd gerespekteer. Saluut! My deeglik gebruikte versameling harde

Related