Aan wie behoort die grond nou eintlik?
My vingers volg die lyne van die grense van Suid-Afrika wat loop soos are, uiteengesit in verdrae wat opgestel is deur sogenaamde dooie, ou, wit mans. Dit volg die Notwanerivier tot by Sengoma, deur die poort van die Dwarsberg-landskap, van daar na Pitlanganyane (die nou plek). Deboagnak is volgende, dan Schaapkuil. Ek stop eers by Mooimeisjesfontein.
Dié name vertel die stories van die mense wie se lewens verstrengel is met daardie stuk aarde. Die vreemde name vleg inmekaar asof dit is hoe dit hoort. Grense van die land, grense tussen mense. Eeue lank al bure, maar ken mekaar skaars. Suid-Afrikaners ken nie mekaar se stories nie.
In die vroeë 1990’s is die wetlike beperkings wat ons van bed, tafel en meer geskei het, herroep. Maar vlieg oor Suid-Afrika en dit is duidelik dat ons oorwegend elkeen steeds in ons eie hoekie woon – nie net in woonbuurte nie, maar ook in ons siele.
’n Geslag later en dinge is nog nie heelgemaak nie. Dit verg altyd ’n geslag om stof op te skop oor onafgehandelde kwessies van die verlede. In die woorde van Frantz Fanon: “Elke geslag moet sy roeping ontdek, en dit vervul of verraai in relatiewe ondeursigtigheid.”
En nou is dit ons beurt. Om te dink dat die wonde van meer as 350 jaar se grondsondes en stryd ook in
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days