Seun Zero se storie
W eke ná die noodlottige gebeure van November 2019 kry ek uiteindelik die volledige storie van Willem Breytenbach se vertrek by Grey-kollege by die persoon wat in die middel daarvan was: Seun Zero. Die seun wie se naam nie Joshua Grootes is nie, maar die een wat Greykollege in 1990 vertel het dat een van hul onderwysers seuns molesteer. Hy is geglo, en toe daarvoor gestraf.
Dit is ’n koue Vrydag in Augustus 1990. Joshua is 15 en hy het ’n probleem: hy is ’n verslaggewer by (Grey se skoolkoerant) Stabilis en sy berig is laat. Tydens die skooldag, net voor tweede pouse, loop hy na Breytenbach se klaskamer met die sak patats.
“Dis glad nie ’n probleem nie,” sê die onderwyser. “Maar maak dit asseblief klaar; ek het dit vanaand nodig. Bring dit ná studietyd na my woonstel toe.”
Nou is dit studietyd en Joshua jaag om sy berig klaar te maak. Ons is in Brillhuis se studiesaal, ’n deftige ou vertrek met ’n kaggel, ’n houtvloer en ’n sierplafon. Joshua is daar, en die varsverkragte Ben ook en – so weet ek nou – ’n getal ander oorlewers ook. Buite loei ’n Vrystaatse wintersnag.
Die studiesaal kyk uit oor ’n groen sirkel met hoë bome wat soos broccoli lyk. Aan die linkerkant is Murray-huis, vir die jongste Grey-leerlinge. In eerbied van die “Grey Way”
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days