Rapport

Met deug en daad geskryf

Prisoner 913: The Release of Nelson Mandela deur Riaan de Villiers en Jan-Ad Stemmet. Uitgewer: Tafelberg. Prys: R325.

Miskien was my resensie van Willie Esterhuyse en Gerhard van Niekerk se Die tronkgesprekke: Nelson Mandela en Kobie Coetsee se geheime voorpunt-diplomasie (2018) wat dieselfde jaar in Rapport verskyn het onbillik en is ek die skrywers ’n apologie verskuldig.

Ek het gereken hulle laat nie reg geskied aan Kobie Coetsee se versameling geheime dokumente oor die vrylating van Nelson Mandela nie, en bekroon toe die boek met slegs twee hoera’s.

Nou, by die ontleding van Prisoner 913 oor die einste materiaal, kom ek gaandeweg ál hoe sterker tot die besef dat die gebrek nie soseer by die verwerking gelê het nie, maar by die bronmateriaal. Die geheime dokumente wat ek as die eietydse historikus se kimberliet beskou het, was naamlik in ’n mate delweryuitskot en van die diamante maar nywerheidsgraad.

Bowendien was ek naïef in my soeke na aardskuddende nuwe onthullings daaraan dat die “belangrikste beginsel van omgaan met die geskiedenis [is] om elke handeling binne die raamwerk van die tyd waarin dit plaasgevind het, te beoordeel”.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport1 min read
SA Se Nuwe Koningin!
Shudufhadzo Musida is gisteraand gekroon as die nuwe Mej. Suid-Afrika. Die 23-jarige Shudu, soos haar ondersteuners haar noem, het ’n BA-graad in politiek, filosofie en ekonomie (PPE) van die Universiteit van Pretoria. Sy het grootgeword in Ha-Masia
Rapport3 min read
‘Baie Pyn Wag Op ANC En DA By Die Stembus’
ANC-leiers is openlik lusteloos oor die 96 tussenverkiesings wat op 11 November in munisipale owerhede oor die land heen gehou word. Ook die DA sukkel volgens ’n goed geplaaste bron in dié party om sy partywerkers te motiveer vir die verkiesings in s
Rapport1 min read
Pasop Vir Fopnuus
Van die boodskappe en video’s wat gemoedere in brandgeteisterde dele van die land onnodig opjaag sluit in: ■ ’n Video van kinders wat in ’n stuk droë veld hardloop wat hulle klaarblyklik aan die brand gesteek het. ’n Man-stem sê: “Kyk die bogghers wa

Related