Huisgenoot

PRESTEER OF SKOERT!’

DIT het as ’n onderneming begin wat rolprente per pos verhuur, maar vandag troon die maatskappy letterlik oor Hollywood uit.

Ry jy met Sunset Strip langs in Los Angeles, sien jy op die reusereklameborde wat eens flieks en reekse van elke ateljee en netwerk geadverteer het nou meestal produkte van een vermaakreus: Netflix.

En dit was presies die stigters se plan toe hulle in die 1990’s met die onderneming begin het – dit was nooit hul bedoeling om lank DVD’s per pos te bly verhuur nie.

Destyds het Reed Hastings en sy sakevennoot, Marc Randolph, die 24/7-vraatkyktoekoms voorsien wanneer vinnige internet ons in staat sou stel om inhoud op aanvraag te stroom.

Dit was toe nog nie moontlik nie, maar die twee kon duideliker as enigiemand anders sien daardie dag sou wel kom.

“O ja,” sê Reed terwyl hy deur die hoofkantoor stap van die wêreldryk wat in Silicon Valley op hul idee gebou is. “Daarom het ons dit Netflix genoem en nie ‘DVDs By Post’ nie.”

Ander mense het egter gereken hulle droom te groot. ’n Dekade gelede was Jeffrey Bewkes, toe die uitvoerende hoof van Time Warner – die tuiste van HBO, CNN en Warner Bros. – nog oortuig die bedreiging wat Netflix vir die destydse Goliatte van die vermaakbedryf inhou, is ietwat oordrewe.

“Dis ’n bietjie soos om te vra of die Albaniese weermag die wêreld sal oorneem,” het hy aan The New York Times gesê. “Ek dink nie so nie.”

Eintlik moes hy maar so gedink het. ’n Ruk lank het Reed, Netflix se voorsit ter en mede- uitvoerende hoof, naamplaatjies van die Albaniese weermag om sy nek gedra om

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te

Related