Rapport

Ligte aan, maar niemand is tuis

Abraham Lincoln is op Maandag 4 Maart 1861 die eerste keer as president van die Verenigde State ingehuldig. Met Lincoln se inhuldiging het sewe suidelike state reeds afgestig.

Amerika het op die vooraand van ’n burgeroorlog gestaan. Ten tyde van sy verkiesing het Lincoln geen vorige uitvoerende ervaring gehad nie. Hy het slegs een termyn as lid van die huis van verteenwoordigers gedien en was ’n onervare prokureur in Kentucky.

Vandag weet ons dat historici, meer as 150 jaar ná Lincoln se presidentskap, hom steeds as die beste Amerikaanse president beskou. Of jy saamstem met die uitkomste wat Lincoln as president behaal het al dan nie, is een ding waar – en dit is dat Lincoln in die vyf jaar totdat hy in 1865 vermoor is ’n besonder suksesvolle president was. Hy het president geword by die aanvang van een van die grootste krisisse wat die VSA tot nog toe beleef het en hy kon binne enkele jare sy doelwit, wat die hereniging van die Verenigde State behels het, bereik.

Lincoln se unieke leierseienskappe het tydens een van die VSA se donkerste ure na vore getree. Dieselfde kan van Winston Churchill, die Britse premier tydens die Tweede Wêreldoorlog, en van talle ander groot leiers wat die wêreld al opgelewer het, gesê word.

Die Kanadese skrywer Robin Sharma se opmerking

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport3 min read
Dis John Vs. Mbali (jy’s Nie Genooi Nie)
Alle paaie lei volgende naweek na Zoom vir die DA se aanlyn federale kongres, waarop die party nuwe permanente leiers kies. Terwyl John Steenhuisen, tussentydse leier, die gunsteling is om Saterdag as permanente leier verkies te word, het sy opponent
Rapport1 min read
SA Se Nuwe Koningin!
Shudufhadzo Musida is gisteraand gekroon as die nuwe Mej. Suid-Afrika. Die 23-jarige Shudu, soos haar ondersteuners haar noem, het ’n BA-graad in politiek, filosofie en ekonomie (PPE) van die Universiteit van Pretoria. Sy het grootgeword in Ha-Masia
Rapport3 min read
Sy Voel Soos ’n Sampioen, Sê Kieser In VSA
‘Hulle hou my in die duister en voer my kraalmis of ek ’n sampioen is.” Dis wat ’n onseker kieser, Paulette van Pennsilvanië, in ’n fyn uitgesoekte fokusgroep van die twee kandidate in die Amerikaans presidentsverkiesing dink ná Donderdagaand se TV-d

Related