SARIE

Dilemmas & antwoorde

Die Covid-19-monster het ons plotseling bespring en dit is duidelik dat ons nog ’n ruk lank met hom gaan stoei.

Ons probeer nog sin maak van ons “nuwe normaal” en het geen idee wat op ons wag nie, sê dr. Marie-Luce Vogel, buitengewone navorsingswetenskaplike verbonde aan die TRADE-navorsingseenheid aan die Noordwes-universiteit.

“Ons gryp na hoop en positiewe boodskappe, maar daardie klein stemmetjie is nie heeltemal oortuig dat alles oukei gaan wees nie. Woorde soos dié van die antieke Chinese militêre strateeg en wysgeer Sun Tzu – dat geleenthede vermenigvuldig as hulle aangegryp word – klink goed. Ons onthou Viktor Frankl, Oostenrykse psigiater en oorlewende van die Joodse volksmoord, se groot les dat daar ’n ruimte is tussen stimulus en reaksie, en in daardie ruimte lê ons krag om te kies hoe ons op enigiets reageer, ons vryheid en groei,” sê dr. Vogel.

Dan hoor ons weer van die jongste sterfgevalle en siekes, die Internasionale Monetêre Fonds wat voorspel dat die pandemie ’n veel nadeliger invloed op die ekonomie sal hê as die.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Sarie
REDAKTEUR Michélle van Breda KUNSDIREKTEUR Maresa Pretorius PROJEKBESTUURDER Pieter Hugo STYL- EN SOSIALE REDAKTEUR Fanie Cronjé 082 934 5226 MODEREDAKTEUR Amaria Carstens 072 041 3393 KOSREDAKTEUR Herman Lensing SKRYWER EN ASSISTENT MODE EN KOS
SARIE5 min read
7 Dinge Oor Plasebo’s Medisyne Se Raaisel
Mense wat haar ken, weet al: As Shudira ingedagte is, woel sy met haar wysvinger in haar regteroor. Sy vroetel dan met die vuurhoutjie wat sy glo daarin afgebreek het. Glo, want al het ’n spesialis daai oor goed deurgekyk, kon sy niks opspoor nie. Ma
SARIE8 min read
Die Taylor Swift Effek
Ek is geen Swifty nie. Haar stem, beeld en hoofstroompopklank is vir my fifty shades of beige and vanilla. As die pa van ’n tienerdogter en ’n liefhebber van woord- en storievertelkuns, is ek egter ’n groot bewonderaar. En nes duisende ander joernali

Related