Huisgenoot

ONS LESSE IN DIE CHAOS

DIE internetverbinding sukkel-sukkel, want ’n Kaapse winterstorm het pas begin woed. Buite waai die wind en dit sous behoorlik.

Die aktrise en televisieaanbieder Vicky Davis (38) sit aan die ander kant van die selfoonskerm. Haar donker hare is in ’n praktiese bolla vasgemaak en ’n snoesige swart winterbaadjie is tot onder haar ken toegerits. Op die agtergrond hoor jy kinders speel, en dis nie lank nie of ’n krulkopdogtertjie met ’n gesig vol verf kom loer oor haar ma se skouer om te kom waai.

“Daar is gedurig onderbrekings as ’n mens so van die huis af werk,” sê die ma van twee. “Hulle is besig met gesigverf,” verduidelik Vicky hoe haar spruite, Lira (5) en Jean-Luc (2), vanmiddag besig bly.

Net ’n paar oomblikke later hoor jy Vicky se man, die musikant en musiekvervaardiger Schalk Joubert (45), se stem. Hy werk ook van hul huis op Somerset-Wes af en wil net vinnig by sy vrou oor iets seker maak.

Vicky glimlag geduldig. Nes talle ander Suid-Afrikaners moes sy die afgelope paar maande aan ’n nuwe werkwyse gewoond raak; een waar videovergaderings die norm is en elke dag ’n voortdurende balanstoertjie is tussen ma-en eggenote wees, huis skoonmaak, tuisonderrig gee én werk.

Die aanpassings

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Die Olimpiese Gimnas Nadia Comaneci
MONTREAL, 1976. In die fel kollig lyk sy soos ’n porseleinpoppie. Toe begin die 14-jarige gimnas met haar aanloop en jy kan ’n speld hoor val in die arena en televisiekamers wêreldwyd. Vir 30 sekondes swaai en tuimel sy deur die lug asof swaartekrag
Huisgenoot4 min read
Juffrou X - Sterre
By die Victory Heights Hoërskool is die eindeksamen net één van die uitdagings wat kinders in die gesig staar. Maar ’n paar onderwysers sal enigiets doen om hulle kinders ’n kans in die lewe te gee, binne of buite die klaskamer. Juffrou X (Trix Vivie
Huisgenoot4 min read
111 Jaar Met Pap, Vleis En Marog
DIE lug bo Mpumalanga se Hoëveld is vandag grys en bewolk. Amper soos die oorlogswolke wat 110 jaar gelede bo die verre Europa saamgepak het. Ons praat hier van die Eerste Wêreldoorlog wat in 1914 uitgebreek het. Daardie verskriklike slagting wat dee

Related