Huisgenoot

MY PAD MET INPERKBABA

DWARSDEUR haar swangerskap het ’n liriek in haar gedagtes weerklink: Die wêreld binne my is in afwagting oor jou . . .

Toe die hele wêreld deur die coronavirus deurmekaargekrap is, het Nadia Beukes (37) vasgehou aan dié woorde uit ’n liedjie van Joshua na die Reën. Toe sy maande lank tydens die inperking in afsondering moes wees – sonder die ontvlugting van ’n kuier saam met haar ma, koffie saam met ’n vriendin of ’n stappie om die blok – het dié afwagting oor haar tweede seuntjie die blonde aktrise en televisieaanbieder gedra.

En nou is hy hier: Joshua Samuel de Villiers is op 18 Junie midde-in die coronaviruskrisis gebore. Hy het ’n stewige 3,84 kg geweeg en spog met ’n welige bos donker hare wat sy ma onkant betrap het.

Davey het geen hare gehad nie, so dit was beslis onverwags om nou hierdie baba met donker hare te hê!” sê sy laggend oor haar en die sakeman David de Villiers (35) se eersteling, die woelige blondekopknapie Davey, ná die geboorte van sy kleinboet. Davey word in Augustus twee jaar oud.

Weens die pandemiemaatreëls kon Nadia en David nie juis haar swangerskap met familie en vriende deel nie. Daarom is dit vir hulle heerlik om hul vreugde te kan deel – saam met hul eerste foto’s as ’n gesin van vier.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Ons Vriendskap Voor En Agter Die Skerms
TOE hulle hoor hulle gaan saam in ’n kortfliek verskyn, het hulle eers ’n bietjie “uitgefreak van opgewondenheid”. Dis immers iets waaroor hulle al ’n paar jaar droom, vandat hulle mekaar ontmoet het. Nou is die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Ho
Huisgenoot1 min read
’n Fiets, ’n Paar Moeë Bene En ’n Droom
WAT sal maak dat enigiemand meer as 1 500 km op ’n fiets wil rondrits? Dit klink dan soos malligheid? Vra jy egter die “Spore”-sanger, is die antwoord eintlik eenvoudig: liefdadigheid. “Hoekom op aarde sal ek van George af Mbombela toe op ’n fiets ry
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe

Related