Baba & Kleuter

BABA SE MYLPAALGIDS

TEEN MAAND 4

WAT KAN JOU BABA DOEN?

Jou baba rol – waarskynlik eers van haar maag tot op haar rug, maar later ook andersom. Sy lig haar bene en arms in die lug op en wieg heen en weer op haar maag! As jy haar uit ’n lêende posisie optrek, hou sy haar koppie mooi styf en regop.

Sy het nou haar hande ontdek en speel graag met hulle: Sy bring hulle tot voor haar gesig en bekyk hulle, en soms kry sy hulle per ongeluk by mekaar uit.

Sy kan nog nie sit nie en as jy haar heupe vashou, tuimel sy kant toe.

HELP SÓ: Magietyd bly belangrik, maar laat jou baba ook op haar rug lê en hou ’n interessante voorwerp net buite haar bereik aan haar linker- of regterkant. Help haar rol om dit in die hande te kry.

WAT GAAN IN JOU BABA SE KOPPIE AAN?

Sy begin leer dat haar optredes voorspelbare gevolge het, sy kan tussen gesigte en geslagte onderskei en haar geheue begin ontwikkel.

HELP SÓ: Laat sy dinge baie herhaal –dis hoe sy leer. Speel bekende liedjies. Begin ’n roetine instel en speel kieliespeletjies.

HOE VOEL JOU BABA?

Sy huil minder, want sy het ander maniere gevind om haar emosies en behoeftes uit te druk.

HELP SÓ: Betrek jou baba by gesinsaktiwiteite. Laat sy saam aan tafel sit en die res van die gesin dophou.

HOE KOMMUNIKEER JOU BABA?

Sy begin borrels blaas en maak geluidjies – soos ’n kughoesie – om

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Baba & Kleuter

Baba & Kleuter3 min read
Boustene Vir Goeie Gesondheid
Sodra jou baba gebore is, is dit belangrik om jou plaaslike kliniek gereeld te besoek om hulle ontwikkeling te monitor en enigiets waaroor jy besorgd is, soos voeding, mylpale of slaapprobleme te bespreek. Dis ’n goeie idee om kliniekbesoeke vir die
Baba & Kleuter6 min read
Waarop Floreer My Fetus?
Gedurende die eerste trimester kan die fisieke en emosionele veranderings wat jou liggaam beleef, die ontwikkelende band tussen jou en die vreemde boontjie in jou lyf oorskadu. Naarheid, seer borste, sooibrand en uitputting kan sy tol eis en jou aand
Baba & Kleuter4 min read
Werk Met Geld
Baie mense se finansiële krisis kon voorkom gewees het, as ’n paar eenvoudige lessies oor geld nagekom is ... Daar is nie ’n onuitputbare bron van geld nie; as jy geld leen moet jy dit terugbetaal, as jy iets nie kan bekostig nie behoort jy dit nie t

Related