GROOT GEES IN ’N KLEIN PAKKIE
IN ’N aftreeoord in die Kaapstadse voorstad Tuine – in haar woonstel met ’n uitsig op Leeukop – het sy geweet op 97 sluimer die dood in haar.
“Jy het jou kans gehad,” skryf Elsa Joubert oor haarself in Spertyd, die derde en laaste deel van haar outobiografiese drieluik. “Dis verby.”
Op Sondag 14 Junie het die legendariese skrywer van onder meer Die swerfjare van Poppie Nongena se spertyd aangebreek toe COVID-19 haar lewe in ’n hospitaal in Kaapstad geëis het.
Maar nie eens die dood sal haar diep spore in die literêre wêreld uitvee of die herinnerings laat vervaag aan ’n merkwaardige vrou wat nie net ’n gevierde skrywer was nie; sy was ook ’n geliefde ma, ouma en vriendin.
Die kleingeboude, brose vroutjie – soos vriende na haar verwys – was onverskrokke. Sy was immers een van die Sestigers, ’n groep Afrikaanse skrywers wie se werke in die 1960’s die onrus uitgebeeld het wat die land in die apartheidsjare beetgepak het.
‘Elsa sou gehoop het dat ons mense nie sal aanhou swerf nie’
Vre e s loo s het Elsa in (1968) oor die spanning in Angola geskryf, die verhaal van ’n Af r i k a a n s s p r e k e n d e Xhosa-vrou se soeke na stabiliteit vir haar gesin in (1978) vertel en die belewenisse van vier generasies van ’n wit Afrikaanse familie in Afrika – van die Anglo-Boereoorlog tot die struggle – (1995) beskryf.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days