Rapport

Hulle dink uit die boks

Die regulasies bepaal dat kos nie by restaurante gehaal kan word nie, maar slegs afgelewer mag word. Baie restaurante – veral op die platteland – het nie toegang tot afleweringsdienste nie en sjefs moes self inspring. Talle span ook kelners in, wat met fooitjies ekstra geld maak.

Verskeie sjefs is terug in die kombuis, maar al die geld wat hul wegneemetes in-bring, gaan óf vir behoeftiges in hul gemeenskap óf vir hul personeel, soos die La Colombe Dine-In Experience of Luke Dale Roberts se luukse ete-bokse.

Baie het met oulike idees vorendag gekom om die wegneem-ervaring vir kliënte spesiaal te maak.

Paternoster

Die wat deur die Wêreld Restaurant-toekennings as restaurant van die jaar aangewys is, het die Wolfgat at Home-boks. Die sjef en eienaar, Kobus van der Merwe, bedien ’n viergangmaaltyd met Weskus-lekkernye soos gevulde soutslaaiblare, snoektertjies of piekelvis. Omdat jy nie daar op die Weskusstoepie kan sit nie, sluit die boks ’n kaart van die Strand-veld, en een van ’n beperkte oplaag van Kobus se foto’s, in. En geen maaltyd is volledig sonder musiek nie: Kobus sluit die Wolfgat-winterspeellys in waarna jy kan luister om die Weskus tot in jou voorkamer.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport3 min read
Sy Voel Soos ’n Sampioen, Sê Kieser In VSA
‘Hulle hou my in die duister en voer my kraalmis of ek ’n sampioen is.” Dis wat ’n onseker kieser, Paulette van Pennsilvanië, in ’n fyn uitgesoekte fokusgroep van die twee kandidate in die Amerikaans presidentsverkiesing dink ná Donderdagaand se TV-d
Rapport1 min read
SA Se Nuwe Koningin!
Shudufhadzo Musida is gisteraand gekroon as die nuwe Mej. Suid-Afrika. Die 23-jarige Shudu, soos haar ondersteuners haar noem, het ’n BA-graad in politiek, filosofie en ekonomie (PPE) van die Universiteit van Pretoria. Sy het grootgeword in Ha-Masia
Rapport2 min read
Bohaai Oor ‘Een Keer’ Se Video
Katlego Maboe se gewese lewensmaat, Monique Muller, sê sy weet nie hoe ’n video waarop sy hom oor sy ontrouheid konfronteer die afgelope week op sosiale media beland het nie. Die video van ’n beteuterde Maboe in ’n donker japon wat bieg dat hy by ’n

Related