Kuier

WEN(S)LYS VIR Vadersdag

LAMSKERRIE

Genoeg vir 6

BESTANDDELE

¼ koppie koekmeel
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 teelepel droë gemengde kruie
1 kg lamstowevleis
3 eetlepels olie
3 uie, fyngekap
3 knoffeltoontjies, gekneus en fyngekap
1 lourierblaar (bay leaf), verkrummel
½ teelepel fyn kaneel
1 teelepel fyngemaalde koljandersaad
1 teelepel fyngemaalde komyn (cumin)
4 teelepels matige kerriepoeier
1 teelepel borrie
5 middelslagtamaties, geskil en fyngekap
3 eetlepels chutney
1 koppie beesvleisaftreksel
1 teelepel suiker
3 eetlepels droë klapper

METODE

Geur die koekmeel met sout, peper en die gemengde kruie. Giet op ’n plat bord. Rol die stukkies lamsvleis daarin sodat dit oral bedek is. Verhit die olie in ’n swaarboomkastrol en verbruin die vleis in sarsies. Skep die vleis uit met ’n gaatjieslepel op ’n bord en hou eenkant terwyl jy die volgende sarsie braai. Braai die uie in dieselfde olie tot sag en deurskynend. Voeg die knoffel by en braai ’n minuut of twee saam. Sit die vleis weer terug in die pot en voeg die lourierblaar, kaneel, koljander, komyn, kerriepoeier en borrie by. Braai vir ’n paar minute saam voordat jy die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier3 min read
Laat Kollageen Só Vir Jou Werk
Ai, as daar maar net ’n pilletjie was wat kon keer dat ek ouer begin lyk. Dalk het jy al voor die spieël gestaan en dié woorde gedink. Kollageen is dalk net dié wondermiddel, as jy die bekendes en influencers kan glo. Sommige vertel dit help onder me
Kuier1 min read
Luister Dít
Beskikbaar op Spotify, Apple Music of enige podcast-app Dis ’n podcast oor al die vreemde dinge wat vandag en destyds gebeur het, wat jou soos Tyla gaan laat sê: “What the heck!?” In elke episode kry jy die jongste, vreemdste nuus gemeng met wilde hi
Kuier1 min read
Fotoblokraai
NR. 314 SAAMGESTEL DEUR: PENPRET FOTO'S: CORRIE HANSEN, SHARON SERETLO EN INSTAGRAM/@LAURIKARAUCH ■

Related