Boere se planne om die droogte te tem
Boere in die ekstensiewe veeweigebiede ken droogte en maak meestal voorsiening vir ’n jaar of twee van ondergemiddelde reën. Die huidige droogte wat in sommige gebiede reeds sewe jaar heers, stel veel groter eise aan boere. Net die beste en produktiefste diere is in hul kuddes oor, lamtyd is meer intensief, vindingryke voermengsels hou die vee aan die gang en alternatiewe inkomstebronne help om die pot aan die kook te hou.
Vier boere vertel hier watter planne hulle in die droogte gemaak het, wat hulle geleer het, en wat hulle anders sal doen wanneer die droogte verby is.
Mnr. Bertus Brand van die plaas T’Boop Noord by Brandvlei boer met Dorpers en Dohne-Merino’s, maar het besef hy en sy vrou, Suritha, sal ander inkomstebronne moet kry as hulle die mas wil opkom.
Deesdae het Brand ook 2 000 lêhenne, terwyl Suritha, ’n rekenmeester, ’n onderneming op Loeriesfontein begin het, 130 km van hul plaas by Brandvlei.
“Dis dinge wat ons anders doen wat help om ons kontantvloei aan die gang te hou.”
Hulle verkoop eiers op Brandvlei en aan die Spar op Loeriesfontein. Vandat hul kinders op Upington skoolgaan, het hulle besluit hulle mag nie met ’n leë bakkie van die werf af ry nie. “Ons moet langs die pad geslagte hoenders of eiers op Kenhardt of Keimoes aflaai. Sodra ek by die plaashek uitry, kos dit geld, maar ons het dit verander.”
Deel van hul sukses is dat hulle ’n naverkoopdiens lewer. “Ons moet nog steeds vinger trek en ander dinge probeer, ander klante soek. Die inperking het veroorsaak dat ons geleenthede moes soek om ons produkte te gaan aflaai.”
Mnr. Jaco Nel van die plaas Lekkeroog
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days