Huisgenoot

REGOP IN DIE FILMSTILSTAND

WAAR tientalle gaste normaalweg dié tyd van die dag – en jaar – vrolik oor middagete sou klets oor uitstappies na die Kangogrotte 10 km van hier af, is die eetplek vandag verlate. Al mens wat jy op die skerm kan sien, is die eienaar, die fliekvervaardiger Cobus van den Berg.

Want dis nié normale tye nie, en sy lodge is verlate; nog ’n niemandsland gestroop van toeriste midde-in die landwye inperking.

Huisgenoot gesels met hom via ’n Whats-App-video-oproep, en agter hom staan die rye leë, ongedekte tafels van die eetplek by die Swartberg Country Manor, sy lodge buite Oudtshoorn in die Wes-Kaap.

Cobus (56) dra ’n T-hemp met ’n prentjie van ’n ou geel kombi wat lyk of dit reg is en die inperking saam met sy gesin deurbring.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
’n “Bewering” is as jy sonder bewys ’n mening verkondig. So hoor ek. “Beweer” kom van “bewaar” – letterlik iets wat jy wil waar maak. Oftewel “bewaarheid”. En só het bewaar ook begin beteken dat jy iets in stand hou. Jy pas dit mooi op. Dié groepie w
Huisgenoot2 min read
Wil Jy ’n Skrywer Word?
Het iemand al vir jou gesê jy skryf mooi opstelle? Of dink jy self jy skryf nogal oulike stories? As jy ’n groot begeerte het om eendag jou stories in ’n tydskrif of boek te sien, moet jy dadelik vir die Kommadagga-slypskool inskryf. Dit word vir die
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Katinka Oosthuizen
Wat is geluk vir jou? Om content te wees. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Die dag toe ek getrou het. Toe ek so by die aisle afstap en my man tjank, toe dink ek: “Mm, nou is ek gelukkig.” Wat verveel jou? As iemand net oor hulself praat. Wa

Related