Huisgenoot

AS DIE DEURE TOEMAAK . . .

ELKE Suid-Afrikaner kan waarskynlik teen dié tyd so ’n storie vertel: My buurvrou, my niggie, my vriendin, my broer, my lewensmaat – of ek sélf – moes weens die inperking ’n onderneming sluit.

Weg is die inkomste wat die pot aan die kook moes hou – en ook die inkomste van almal wat vir die onderneming gewerk het.

Want die impak van die inperking kring wyd uit en dit het ons reeds brose ekonomie op sy knieë gedwing.

Teen einde verlede jaar het Suid-Afrika ’n werkloosheidsyfer van sowat 27% gehad, maar sommige kenners waarsku dit kan vanjaar tot meer as 50% toeneem.

Voor druktyd het die onafhanklike ekonoom Mike Schüssler bereken die impak van die inperking het reeds minstens 3,5 miljoen mense tydelik werkloos gelaat.

Mike het ook voorspel dat die helfte daarvan moontlik permanent kan wees.

Oral oor die land moes kleinsake-ondernemings hul deure met die aanbreek van die inperking sluit omdat die dienste wat hulle verskaf of die goedere wat hulle verkoop nie deur die owerhede as noodsaaklike dienste in die stryd teen die pandemie beskou word nie.

Die regering het dit gedoen om die verspreiding van die virus te probeer vertraag, maar nou kan baie ondernemings dit nie meer bekostig om hul werknemers te betaal nie – en sal baie dit nie kan bekostig

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
’n “Bewering” is as jy sonder bewys ’n mening verkondig. So hoor ek. “Beweer” kom van “bewaar” – letterlik iets wat jy wil waar maak. Oftewel “bewaarheid”. En só het bewaar ook begin beteken dat jy iets in stand hou. Jy pas dit mooi op. Dié groepie w
Huisgenoot2 min read
Wil Jy ’n Skrywer Word?
Het iemand al vir jou gesê jy skryf mooi opstelle? Of dink jy self jy skryf nogal oulike stories? As jy ’n groot begeerte het om eendag jou stories in ’n tydskrif of boek te sien, moet jy dadelik vir die Kommadagga-slypskool inskryf. Dit word vir die
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Katinka Oosthuizen
Wat is geluk vir jou? Om content te wees. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Die dag toe ek getrou het. Toe ek so by die aisle afstap en my man tjank, toe dink ek: “Mm, nou is ek gelukkig.” Wat verveel jou? As iemand net oor hulself praat. Wa

Related