SARIE

Dokter, ek het ’n vraag, maar’s te skaam om te vra

1 Is daar ’n seksuele posisie wat ons tydens swangerskap moet vermy?

DR. MIEMPIE ESTERHUIZEN, ginekoloog van Kaapstad, antwoord: Jou vergrote baarmoeder is gedurende die eerste weke nog in jou bekken. Penetrasie kan dus ongemaklik wees omdat teen die baarmoeder gedruk word. Dit kan help as jy die helling verander (byvoorbeeld ’n kussing onder jou boude sit). Dis egter nie gevaarlik vir die swangerskap nie. Intimiteit in dié tyd is emosioneel baie belangrik. In die derde trimester, wanneer jy groot en ongemaklik voel, is seks minder bevredigend. Hoe nader aan jou kraamdatum, hoe groter die moontlikheid dat die vrystelling van prostaglandien geboorte kan aanhelp. (’n Hormoon wat baarmoeder-kontraksies kan laat begin.) Posisie speel geen rol nie. Vermy seks met ’n dreigende miskraam, blaasinfeksie of vroeë komplikasies.

2 Ek het fyn haartjies oral op my gesig

Fyn wit haartjies () is algemeen en word met die ouderdom meer. Dis nie so maklik om daarvan ontslae te raak nie, want elke behandeling het nadele. Gesigwaks () werk, maar die vel kan rek, dit kan gebarste aartjies en selfs pigmentasie veroorsaak. Ontharingsrome en alkaliese behandelings () verwyder dit, maar kan die vel brand en ’n velreaksie meebring. Gereelde met katoengaring is suksesvol, maar veroorsaak ook gereeld velreaksies. Laserbehandelings is suksesvol as die haartjies nie heeltemal wit of grys is nie. Hoe ligter, hoe meer sessies is nodig.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Skoen Prag
Loopplankfoto’s Getty Images, produkfoto’s verskaf ■
SARIE1 min read
Woondinge
SIEN KOOPGIDS OP BL. 143 ■
SARIE1 min read
Koopgids
C Coricraft coricraft.co.zaCotton On 087 550 4383, cottonon.com/ZA D Daniel Hechter 021 460 2300, truworths.co.za E Eeme 082 890 3453, eeme.co.za F Famke 079 978 5058, famke.co.zaFoschini 0861 111 761, bash.com H H&M 0860 690 707, hm.com/za I It

Related