Landbouweekblad

Navorsing oor vleisbeeste maak hele waardeketting vaartbelyn

I n die hedendaagse landbou-omgewing is dit nie slegs noodsaaklik om topbestuur toe te pas om wins te toon nie. ’n Wetenskaplike boer moet ook sorg dat hy aan die voorpunt bly deur die beste tegnologie te benut en self navorsing te doen om seker te maak hy optimaliseer sy waardeketting.

Hy moet verder volgehoue aandag skenk aan die produkte wat hy lewer, asook aan die prosesse, tegnologie, sakemodelle en sektore wat daarmee verband hou. Die uiteindelike doelwit is ekonomiese volhoubaarheid.

Mnr. Nick Serfontein, hoof van die Sernick-groep wat einde 2019 as Landbouskrywers SA se Boer van die Jaar aangewys is, het in 2015 ’n navorsingsafdeling gestig om die ekonomiese volhoubaarheid van die groep se produkte te ondersteun. Hy sê Suid-Afrika slag gemiddeld 8 miljoen beeste per jaar, waarvan 75% deur voerkrale (met staanplek vir 700 000 beeste) gaan. Hoewel die plaaslike vleisbeesbedryf baie dinamies is, is daar heelwat ruimte vir verbetering om die voerkraalbedryf winsgewender te maak.

Mnr. Phillip Oosthuizen, wat besig is met sy doktorsgraadstudie in landbou-ekonomie, is in beheer van die navorsing by Sernick.

Serfontein sê

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred

Related