Weg! Platteland

Groentevir ’n   goeie doel

Om vir die wêreld se groeiende bevolking kos te gee sal voedselproduksie teen 2050 met 70% moet toeneem, en Afrika, die vasteland waar die helfte van die wêreld se bevolkingsgroei sal plaasvind, gaan die swaarste kry.

Kenners is dit eens gemeenskapstuine – waar ’n ongebruikte stedelike ruimte in ’n produktiewe voedselbron omskep word – sal deel moet wees van die oplossing. Maar soos Platteland gehoor het toe ons met verskeie tuiniers reg oor die land – arm én ryk – gesels het, is dit moeilik om die goedvoelstories in Amerika en Europa waarvan ’n mens op die internet lees hier in die verwonde SuidAfrika na te boots.

’n Groeiende besigheid

’n Mens kan nie oor gemeenskapstuine in SuidAfrika gesels sonder om die naam Sheryl Ozinsky te noem nie. Sy het ’n ongebruikte rolbalbaan in Kaapstad omskep in die Oranjezicht City Farm (OZCF), ’n organisasie sonder winsbejag, wat nie net ’n florerende groentetuin op die been gebring het nie, maar ook ’n gewilde Saterdagmark – ’n viering van plaaslike kos, kultuur en gemeenskap. En dié mark dra jaarliks meer as R30 miljoen by tot die WesKaapse ekonomie!

Sheryl is oortuig daar’s nie naastenby genoeg gemeenskapstuine in SuidAfrika nie. Sy beskou dit as ’n manier om werkloosheid te verminder; maatskaplike, fisieke en geestelike probleme op te los; en gemeenskappe te bou. “Elke hospitaal, skool en gevangenis behoort ’n groentetuin te

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland10 min read
Ware Rus… Langs Die waters Van Sabie
‘Ek het al voorheen in my lewe perde gehad, maar vanjaar het ek die meeste tyd nóg in die geselskap van hierdie manjifieke diere deurgebring. Hulle is nie net kalmerend nie, maar ook ’n bietjie soos ’n spieël – hulle wys jou ware emosies vir jou,” sê
Weg: Platteland8 min read
1 Fiat 500 | 2ha | 4 seuns… 19000 myl!
Elsje Becker is ’n vrou met murg in haar pype en oemf in haar spiere. Hoe anders nadat sy ’n spannetjie van vier woelige seuns, die een ’n groter (selferkende) petrolkop as die ander, grootgemaak het? Dié ouma van sewe en grootjie van een is ’n vrou
Weg: Platteland3 min read
Eet, Drink, Wees Plesierig!
Stap deur Sutherland se geskiedenis Amanda du Preez se staptoer, Sutherland on Foot, is ’n lekker manier om meer van die dorp te sien en leer. Sy vertel stories oor die ou geboue en vroeë tye terwyl jy vir sowat twee uur die strate verken. Daar is ni

Related