Weg! Platteland

Mediterreense somerfees

spyskaart

VOORGEREGTE

Basiese platbrood (met variasies)

Luukse hummus

Dubbeldik tzatziki

HOOFGEREGTE

Varkterrien met port en pistasieneute

Pangebraaide forelfilette met suurlemoen, dille en appelkoosbotter

Vinkel-seldery-en-suurappelslaai

Panzanella (broodslaai)

NAGEREG

Wit tiramisu met brandewyn

Basiese platbrood

Maak 2 groot, 4 middelslagof 8 klein platbrode

Bereidingstyd 10-15 minute plus rystyd

Baktyd 7-9 minute

JY BENODIG

• 2 koppies (300 g) steengemaalde witbroodmeel
• 2 teelepels (10 ml) droë kitsgis
• 1 teelepel (5 ml) suiker
• ½ teelepel (2,5 ml) fyn sout
• ¾ koppie (200 ml) louwarm water
• 1 eetlepel (15 ml) ekstrasuiwer olyfolie, plus ekstra vir die bak en om oor te drup
• soutvlokkies om oor te sprinkel

SÓ MAAK JY

Meng die meel, gis, suiker en sout met ’n lepel in ’n groot mengbak. Gooi die water en olie by en hou aan meng tot die mengsel bymekaarkom. Meng dit met skoon hande tot dit ’n deeg vorm. Knie dit vir 5-7 minute of tot die deeg mooi glad is. Vorm ’n bol, sit dit in ’n gesmeerde bak, bedek dit met ’n plastieksak en laat dit op ’n warm plek rys tot dubbel die volume (ongeveer 30 minute).

Verhit die oond tot 230 °C en voer twee groot bakplate met bakpapier uit.

Keer die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit en verdeel dit in twee bolle. Rol elkeen uit tot ’n ronde of ovaal vorm (omtrent so groot soos ’n groot bord – óf dikker, afhangend van hoe dik jy dit verkies) en sit dit op die gevoerde bakplate. Drup olyfolie oor en sprinkel soutvlokkies oor. Bak die platbrode vir 7-9 minute of tot dit goudbruin

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland9 min read
Ons Gaan Terug plaas Toe!
In ’n fraai vallei tussen Ngodwana en Waterval-Boven, omtrent 15km suidwes van die Sappi Ngodwanapapiermeule, draai jy van die besige N4 af en mik noord oor die Elandsrivier na die voet van ’n berg. Dit is hier waar jy Dombeya – ’n plaas en kwekery –
Weg: Platteland5 min read
Die Voëlsoekers
Hopeloos te min mense weet van hierdie lieflike tuin by Caledonstraat 49 wat in November verlede jaar sy 25ste bestaansjaar gevier het. Die 16ha huisves twee damme, waaronder die Van Kerveldam wat in 1811 as George se eerste waterreservoir gebou is,
Weg: Platteland15 min read
Woeker Met Winter Se Oorvloed
BEDIEN BY DIE KAGGEL SAAM MET ’N STORIE Turkse rooilensiesop met Persiese platbrood DEUR NA DIE TAFEL WAAR BIBER DOLMAS KLAAR GEDEK IS Soetrissies vol stampkoring, korente en dennepitte OPGEDRA AAN PA SE RIEMPIESTOEL Wildspastei met speserykoejawel ‘

Related