Weg! Ry & Sleep

’n Lékker sopstorie

GOULASJ-SOP MET GNOCCHI

Hongaarse rapsodie

Dié resep is ’n ou gunsteling en ek kan gewoonlik nie wag dat die winter aanbreek sodat ek dit kan maak nie. Die wortel hierin is nie tradisioneel nie, maar ek voel dit gee ’n bietjie lyf – soms roer ek sommer ook ’n koppie bevrore ertjies by.

Jy benodig (genoeg vir 6-8)

2 eetlepels olie
sowat 1kg beesvleisblokkies
3 uie, geskil en fyngekap
3 groot wortels, geskil en gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
1 eetlepel gerookte paprika
’n knypie karwysaad
1 blik (410 g) kersietamaties
sowat 1ℓ biefaftreksel
sout en varsgemaalde swart peper
400 g gnocchi
suurroom om voor te sit (opsioneel)

Só maak jy

die olie in ’n potjie, verhit dit oor hoë hitte en braai die vleisblokkies in sarsies totdat dit oraloor mooi goudbruin is. Gebruik hoë hitte sodat die vleis vinnig seël en die maksimum geur behou. Skep die vleis uit en herhaal die proses met die res van die vleis.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep3 min read
Herinneringe Vir ’n Nuwe Geslag...
Ek het die rubriek wat Pieter Redelinghuys vir hierdie uitgawe geskryf het, verskriklik geniet. Hy is ’n man met ’n besonderse gawe om ’n sin aanmekaar te slaan, iets wat my oor die jare al meer as effens jaloers gemaak het. Maar in die nostalgiese r
Weg: Ry & Sleep11 min read
Haak, Oos-Vrystaat!
Om die een of ander duistere rede bestaan die persepsie dat die Vrystaat vaal, plat en vervelig is, maar dit is ’n wanindruk, een wat sommige Suid-Afrikaners die provinsie net in die verbyry laat ervaar. As jy byvoorbeeld ’n Gautenger is, ry jy waars
Weg: Ry & Sleep4 min read
’n Spesiale Geskenk Vir Vrouedag
Die gedagte was dat die mans van die groep hegte Wes-Kaapse vriende weer ’n slag alleen reis, en dit het toevallig rondom Vrouedag geval. Dis toe dat die mans begin spot hulle afwesigheid – en natuurlik die gepaardgaande rus en vrede by die huis – sa

Related