Die pad na die Doodsakker
Ons moet uit die staanspoor sê die Doodsakkerroete in Angola is ’n gevaarlike bestemming. Selfs ervare avonturiers soos Johan Badenhorst se Voetspore-span het hulle rieme hier styfgeloop toe hoogwater hulle oorval het. Ons raai jou dus ten sterkste af om die Doodsakker op jou eie aan te durf, maar moedig jou wel aan om eendag saam met vriende op te ruk na Angola en hierdie bul by die horings te pak. Hier volg ons ondervinding met die Doodsakker.
“DOODSAKKER” IS DIE MILITÊRE TERM vir ’n hinderlaag waarin ’n vyand toegelaat word om tot teenaan verskuilde troepe te vorder voordat daar van alle kante af op hulle losgebrand word – in Engels staan dit bekend as ’n kill zone.
Die eerste ding wat jy jou moet afvra, is of jy werklik dié hinderlaag vrywillig wil binnegaan, en dan of jy hom van onder na bo of andersom wil aandurf. As jy na ’n padkaart kyk, lyk die antwoord voor die handliggend: By die Ruacana-grenspos in die noorde van Namibië swenk jy bloot links in die rigting van Angola se kus, ry ’n paar draaie tot by die Kuneneriviermonding, en van daar af skiet jy op na die Doodsakker.
Dis egter aansienlik makliker gesê as gedaan, want dié roete behels dat jy eers 420 km van die slegste klipperige paaie denkbaar moet ry – en daar is geen vulstasies en werkswinkels langs die pad nie. Boonop moet jy op talle plekke riviere oorsteek – iets wat gevaarlik kan wees in die seldsame geval dat dit wel reën. Boonop is Angola die land ter wêreld wat die ergste met landmyne besaai is – meer as ’n halfmiljoen landmyne in 1 200 mynvelde oor ’n gebied van 100 miljoen vierkante meter moet
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days