Idees

NUWE DINGE

❁ NUWE WINKELS, DEKOR EN HANDWERK dala@ideasfactory.co.za

❁ KOS EN RESTAURANTE ideasmagazinefood@gmail.com

Salige somerkos

Die restaurant SALT op die Paul Cluverwynlandgoed in die Elginvallei het pas ’n ingrypende mooimaaksessie ondergaan en die eindresultaat word beskryf as kontemporêr met ’n tikkie tradisie. Besoekers kan nou ’n lang, luilekker middagete op die skaduryke stoep met sy uitsig oor die tuin en dam geniet - die kos is uit die boeke, die wyn voortreflik en die atmosfeer ontspanne. SALT is van Dinsdae tot Sondae oop vir ontbyt en middagete. Bel 021 844 0012 of stuur ’n e-pos na salt@cluver.com om ’n tafel te bespreek.

NOMMERPAS PRODUKTE

As die formules op die verpakking van die nuwe Optiphi Delta-velsorgreeks vir jou na ingewikkelde wetenskap lyk, moenie dat dit jou kwel nie. Jou dermatoloog, snydokter of estetiese praktisyn sal weet wat dit beteken. Hierdie verpersoonlikte behandelings vir jou vel (gesig sowel as lyf) is onder leiding van dr. Markus Depfenhart, ’n voorste Duitse plastiese chirurg, geformuleer in ’n projek saam met ander plastiese chirurge, estetiese praktisyns, biochemiese wetenskaplikes en genetici. Dit word eksklusief deur medici versprei, dus sal jy dit nie in ’n salon raakloop

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees2 min read
Op ‘N Wolk
‘N PAAR DINGE OM TE ONTHOU: ❃ Die verhouding is eenvoudig: Weeg die eierwit, verdubbel die gewig vir die suiker en halveer dit vir die water. As jy dié verhouding onthou, kan jy enige hoeveelheid maak. ❃ Metaal- of glasbakke werk die beste. ❃ Vee die
Idees1 min read
Blokkie Blom
MOEILIKHEIDSGRAAD: maklik TYD: 8 uur ♥ denimmateriaal ♥ borduurgare ♥ borduurnaald ♥ borduurring ♥ skerp skêrtjie 1 Ons het blomme na willekeur sonder 'n vaste ontwerp op die denimmateriaal geborduur. 2 Die madeliefies is met satynsteek gedoen en Fra
Idees1 min read
Pere In Skilferkorsdeeg
Maak: 12 Bereidingstyd: 1 uur Gaarmaaktyd: 20 minute Oondtemperatuur: 190 ºC ♥ 80 ml fyngekapte geroosterde amandels ♥ 50 ml suiker ♥ 2 ml fyn kaneel ♥ 6 klein, ryp pere ♥ 400 g gekoopte bevrore skilferkorsdeeg, ontdooi ♥ versiersuiker, om oor te sif

Related