Idees

NUWE DINGE

GESOG VAN DOER ONDER

Die gesogte Australiese teenverouderingsreeks Claire Hill is nou beskikbaar in Suid-Afrika. Die skepper, Loretta Hill, is gesteld op velsorg met ’n wetenskaplike basis, met bestanddele wat resultate lewer in die korrekte konsentrasies. Die fieterjasie-vrye reeks van slegs vier produkte put uit die botaniese rykdom van Doer Onder: woestynlemmetjie, ’n supervrug met fitonutriënte wat kollageenproduksie stimuleer, hidrasie bevorder en rooiheid demp; die kakadu-pruim ryk aan antioksidante soos vitamiene C en E; hialuronsuur, wat vog soos ’n magneet aantrek; en hondsroosolie met vetsure wat veral heilsaam is vir ’n ouer vel. Die produkte, almal ongeparfumeer en diervriendelik, is: Micellar Water with Desert Lime (200 ml, R600), S8-28 Assist Anti-Ageing Serum (50 ml, R1 100), S8-28 Anti-Ageing Moisturiser (50 ml, R1 475), en Eye WPC Complex (30 ml, R1 865). Laasgenoemde bevat ook ’n plantgebaseerde retinol en spierverslapper, GABA, om die tekens van veroudering te versag. Aanlyn beskikbaar by clairehill.co.za.

GROEN INKOPIES

Ons moet almal probeer om ons koolstofvoetspoor te verklein. Een van die maklikste maniere is om plastiek te vermy wat jy net een keer gebruik. JaraJar is.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees2 min read
Op ‘N Wolk
‘N PAAR DINGE OM TE ONTHOU: ❃ Die verhouding is eenvoudig: Weeg die eierwit, verdubbel die gewig vir die suiker en halveer dit vir die water. As jy dié verhouding onthou, kan jy enige hoeveelheid maak. ❃ Metaal- of glasbakke werk die beste. ❃ Vee die
Idees1 min read
Blokkie Blom
MOEILIKHEIDSGRAAD: maklik TYD: 8 uur ♥ denimmateriaal ♥ borduurgare ♥ borduurnaald ♥ borduurring ♥ skerp skêrtjie 1 Ons het blomme na willekeur sonder 'n vaste ontwerp op die denimmateriaal geborduur. 2 Die madeliefies is met satynsteek gedoen en Fra
Idees1 min read
Pere In Skilferkorsdeeg
Maak: 12 Bereidingstyd: 1 uur Gaarmaaktyd: 20 minute Oondtemperatuur: 190 ºC ♥ 80 ml fyngekapte geroosterde amandels ♥ 50 ml suiker ♥ 2 ml fyn kaneel ♥ 6 klein, ryp pere ♥ 400 g gekoopte bevrore skilferkorsdeeg, ontdooi ♥ versiersuiker, om oor te sif

Related