Idees

NUWE DINGE

GESKENKE MET ’N GROEN HART

Waarom bederf jy nie vanjaar jouself of jou geliefdes met somerbykomstighede wat ook Moeder Natuur se belange op die hart dra nie? Die Wêreldnatuurfonds (WWF SA) verkoop ’n reeks plaaslik vervaardigde, volhoubare produkte waarmee jy hulle bewaringsinisiatiewe ondersteun en wat jou terselfdertyd aanmoedig om Suid-Afrika se natuurskoon te geniet. Al die produkte in die WWF SA-aanlynwinkel is op etiese of volhoubare gronde gekies en word van herwinde of herwinbare materiale gemaak. Dit sluit in stylvolle strandsakke, T-hemde van herwinde plastiek, silikoonstrooitjieswatjyooren oor kan gebruik asook kleurvolle herbruikbare waterbottels soos dié. Koop dit by shop.wwfsa.org.za.

KOSGIERE VIR 2022

Groente en gesonder koskeuses bly ’n groot kostendens in die nuwe jaar. Ook om kos te eet wat goed is vir jou, maar meer volhoubaar en beter vir die aarde is. Plantgebaseerde geregte is hier om te bly met ál meer mense wat vegetariese geregte kies of disse waarin vleis ’n sekondêre rol speel. Daar, suiwelvrye melksoorte, soos hawermout-, gort-, bokwiet-en verskillende soorte neutmelk, gaan al hoe gewilder word. Hawermoutmelk is die volhoubaarste danksy sy lae emissies en water-en grondgebruik. Nostalgiese smake wat ons herinner aan ons kinderjare en eenvoudiger tye, gaan gewild bly, en ’n kortkoppie daarna eksotiese warm speserygeure. Foto: istock/getty images

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees1 min read
Soet Pronkstukke
Slaan hierdie feestyd die asems weg met dié pronkstuk van 'n nagereg. Volg ons maklike stappe om die perfekte pavlova te maak. Genoeg vir: 10-12 Bereidingstyd: 30 minute Baktyd: 1¼ uur, plus afkoeltyd Oondtemperatuur: 150 °C ♥ 8 groot eierwitte (maak
Idees2 min read
Vanieljekoekies Op 4 Maniere
Maak: omtrent 30 koekies Bereidingstyd: 1 uur, plus yskastyd Baktyd: omtrent 15 minute per baksel Oondtemperatuur: 170 ºC ♥ 250 g (270 ml) sagte botter ♥ 140 g (160 ml) strooisuiker ♥ 2 groot eiergele ♥ 5 ml vanielje-ekstrak ♥ 360 g (660 ml) koekmeel
Idees1 min read
Pere In Skilferkorsdeeg
Maak: 12 Bereidingstyd: 1 uur Gaarmaaktyd: 20 minute Oondtemperatuur: 190 ºC ♥ 80 ml fyngekapte geroosterde amandels ♥ 50 ml suiker ♥ 2 ml fyn kaneel ♥ 6 klein, ryp pere ♥ 400 g gekoopte bevrore skilferkorsdeeg, ontdooi ♥ versiersuiker, om oor te sif

Related Books & Audiobooks