Idees

NUWE DINGE

TATTA, KRAAISPORE

Die fyn vel om ons oë en lippe is dun en teer. Daarom wys ouderdom eerste daar met kraaispore om die oë en staafkode-plooie bo die lippe. ’n Produk wat spesifiek aandag hieraan gee, is Filorga se nuwe Global-Repair Eyes & Lips (R1 290). Hierdie teenverouderingsroom bevat 50 meso-faktore (vitamiene, antioksidante, koënsieme), voedingstowwe vir die vel (seramied, die omegasure in kamelia, nagblom en jojoba, vitamiene A, D en K) en sellulêre opkikkers (hialuronsuur om hol plekke te vul en te laat uitswel, kollageenpeptiede om die dermisnetwerk te herstel). Dit bevat ook vyf verhelderingsbestanddele soos niasinamied, vitamien C en fitiensuur, en soetemaling- en sesamsaadekstrak om die vel op te plomp en gladder te laat vertoon. Mwah!

KOEL KOMBUISGIERE

Kombuistoestelle is lankal nie meer net praktiese masjiene nie. Moderne kombuistoebehore is energiedoeltreffend, slim en mooi stukke masjinerie met die jongste tegnologie wat jou sal help om baie meer doeltreffend skoon te maak of te kook. Die belangrikste tendense in dié veld is slim toestelle wat so energiedoeltreffend as moontlik is,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees2 min read
Op ‘N Wolk
‘N PAAR DINGE OM TE ONTHOU: ❃ Die verhouding is eenvoudig: Weeg die eierwit, verdubbel die gewig vir die suiker en halveer dit vir die water. As jy dié verhouding onthou, kan jy enige hoeveelheid maak. ❃ Metaal- of glasbakke werk die beste. ❃ Vee die
Idees1 min read
Blokkie Blom
MOEILIKHEIDSGRAAD: maklik TYD: 8 uur ♥ denimmateriaal ♥ borduurgare ♥ borduurnaald ♥ borduurring ♥ skerp skêrtjie 1 Ons het blomme na willekeur sonder 'n vaste ontwerp op die denimmateriaal geborduur. 2 Die madeliefies is met satynsteek gedoen en Fra
Idees1 min read
Pere In Skilferkorsdeeg
Maak: 12 Bereidingstyd: 1 uur Gaarmaaktyd: 20 minute Oondtemperatuur: 190 ºC ♥ 80 ml fyngekapte geroosterde amandels ♥ 50 ml suiker ♥ 2 ml fyn kaneel ♥ 6 klein, ryp pere ♥ 400 g gekoopte bevrore skilferkorsdeeg, ontdooi ♥ versiersuiker, om oor te sif

Related Books & Audiobooks