Idees

NUWE DINGE

• NUWE WINKELS, DEKOR EN HANDWERK dala@ideasfactory.co.za

• KOS EN REST AURANTE ideasmagazinefood@gmail.com

NEROLI-LUUKSE

Die 30ste verjaardag van die ikoniese Franse droë olie NUXE word gevier met Huile Prodigieuse Néroli (R595), die eerste gesertifiseerd organiese produk in die reeks. Die lieflike geur van die botaniese olie is verslawend en streel die sinne met note van neroli (lemoenbloeiselolie), bergamot en lavandien (in die laventelfamilie). Dit bevat ook pruim- en organiese sesamolie vir ’n satynsagte sensasie op die vel. Gebruik dit op jou gesig, lyf en in jou hare.

DIE SEISOEN SE OORVLOED

Moenie die somerseisoen se sappigste pruime, perskes en nektariens misloop nie. Steenvrugte is ongelooflik veelsydig in die kombuis, propvol voedingstowwe, en op hul lekkerste as dit perfek ryp is. Toets dit deur die vrug liggies te druk. As dit steeds ferm voel, moet jy dit eerder terugsit in die vrugtebak (of in ’n papierkardoes vol gaatjies) en dit by kamertemperatuur laat lê om ryp te word. Sit die vrugte eers in die yskas wanneer dit heeltemal ryp is sodat jy dit langer vir ’n gawe verskeidenheid verleidelike resepte.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees5 min read
Oorgooi
MOEILIKHEIDSGRAAD: gemiddeld TYD: 180-200 uur ♥ Nurturing Fibres Eco-Fusion: 16 x 50 g-bolle Charcoal, 16 x 50 g-bolle Cobblestone en 17 x 50 g-bolle Anvil ♥ 3,5 mm-hekelpen ♥ naald om die breidraadpunte in te werk 108 blokke = 150 x 200 cm Die groot
Idees3 min read
Onthoutye
Baie mense dink 'n plattelandse bestaan is 'n lewe van gemak en duursame dienlikheid, maar styl was nog nooit iets wat Illze Muller kon afskeep nie. Sy is die vrou met die kop vol drome agter die interieur van dié 180 jaar oue plaashuis. Teen die tyd
Idees2 min read
Ken Jou BOTTERROOMVERSIERSEL
In sy eenvoudigste vorm is botterroomversiersel 'n mengsel van botter en versiersuiker wat saam verroom word om 'n versiersel te vorm. Dit word gebruik as vulsel, versiersel en om koeke en gebak op te kikker. Dié botterroomversiersel is die maklikste

Related