Idees

NUWE DINGE

SLAAP SAG

As jy hou van doeks tussen luukse bedlinne – wie dan nou nie?! – is Biggie Best jou volgende stop. Hulle nuutste lentereekse is nou beskikbaar, in draadtellings van 300 tot 600 en in Egiptiese katoen. Ons hou veral van die Washed Cottonduvetstelle, vanaf R1 300 vir dubbelbedgrootte met twee kussingslope. Besoek jou naaste Biggie Best-winkel, of gaan na biggiebest.co.za om joune aanlyn te bestel.

’N PLESIER, MY DIER

Dis nie net ons wat goeie ontwerp kan waardeer nie. Jou kiets gaan hierdie krappale van soliede eikehout en sisaltou gate uit geniet. Die plaaslike meubelontwerper Birba het dit spesiaal vir katte gemaak, mooi genoeg om deel uit te maak van jou dekor. Die Ruby Cat Scratcher (links) kos R3 200 en die Franc Cat Scratcher Side Table R2 700. Bestel dit aanlyn by birba.co.za – aflewering is gratis.

LEKKERRUIK-OLIE

As daar nou een Franse kultusproduk is waarmee Britse vroue tans hulle kaste volstop voordat Brexit dit dalk van die rakke af laat verdwyn, is dit Nuxe Huile Prodigieuse, ’n topverkoper-skoonheidsproduk in Frankryk met ’n wêreldwye aanhang sedert 1991.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees3 min read
Onthoutye
Baie mense dink 'n plattelandse bestaan is 'n lewe van gemak en duursame dienlikheid, maar styl was nog nooit iets wat Illze Muller kon afskeep nie. Sy is die vrou met die kop vol drome agter die interieur van dié 180 jaar oue plaashuis. Teen die tyd
Idees3 min read
Maak So Mooi
‘Die skou is 47,2 kilometer lank en het 5 000 uitstallers se harde werk en aptyt vir risiko geneem om bymekaar te sit,’ vertel die aantreklike Duitse organiseerder. En dit was min of meer hoeveel ek van die perskonferensie kon verstaan. Dis wat gebeu
Idees1 min read
Pere In Skilferkorsdeeg
Maak: 12 Bereidingstyd: 1 uur Gaarmaaktyd: 20 minute Oondtemperatuur: 190 ºC ♥ 80 ml fyngekapte geroosterde amandels ♥ 50 ml suiker ♥ 2 ml fyn kaneel ♥ 6 klein, ryp pere ♥ 400 g gekoopte bevrore skilferkorsdeeg, ontdooi ♥ versiersuiker, om oor te sif

Related Books & Audiobooks