Idees

VAT JOU KOP VIR ’N STAPPIE

Daar woed ’n oorverdowende orkaan in my kop sedert ek 25 jaar gelede op die middelklas-trapmeultjie geklouter het om amptelik my eie potjie te krap. Van toe af vlieg gister en môre se vrae, vrese en vreugdes, idees, gedagtes, herinneringe, dagdrome, doenlysies, emosies, kommentare, uitdagings en struikelblokke hulleself skrouend te pletter in my boonste verdieping.

Oor die jare het ek telkens probeer om ‘in die oomblik’ en ‘in die nou’ te leef deur die rumoerigheid met onder meer twéé meditasiekursusse, ’n meditasie-app, berge boeke en kruiekalmeerpille te probeer stil. Maar om toe-oog en kruisbeen op ’n kussing in ’n tjoepstil vertrek te sit het eenvoudig nooit vir my gewerk nie – daarvoor was my gedagtes te woelig, en iewers was daar áltyd ’n foon wat lui, ’n lorrie wat kratte koeldrank by die kafee oorkant die pad aflewer, my kuite en enkels en laerug wat ná skaars 10 minute begin pruttel van die pyn, of die diepvetreuk van die buurvrou oorkant die straat wat weer vetkoek bak. Ek was amptelik die wêreld se vrotste mediteerder, maar het vrede gehad daarmee.

Toe, in Februarie verlede jaar, ontvang ek ’n e-pos van die transformasie-labirint-meditasie-en-jogafasiliteerder Terry de Vries, eienaar van Kamala Retreat House op Barrydale: Sy beplan om in September 2019 tien mense op die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees2 min read
Vanieljekoekies Op 4 Maniere
Maak: omtrent 30 koekies Bereidingstyd: 1 uur, plus yskastyd Baktyd: omtrent 15 minute per baksel Oondtemperatuur: 170 ºC ♥ 250 g (270 ml) sagte botter ♥ 140 g (160 ml) strooisuiker ♥ 2 groot eiergele ♥ 5 ml vanielje-ekstrak ♥ 360 g (660 ml) koekmeel
Idees3 min read
Onthoutye
Baie mense dink 'n plattelandse bestaan is 'n lewe van gemak en duursame dienlikheid, maar styl was nog nooit iets wat Illze Muller kon afskeep nie. Sy is die vrou met die kop vol drome agter die interieur van dié 180 jaar oue plaashuis. Teen die tyd
Idees1 min read
Stensil Met Gips
Versier papier met 'n mooi gips-ontwerp. Plaas 'n stensil op die papier, verf 'n laag gips daaroor en verwyder die stensil terwyl die gips nog nat is om die ontwerp te onthul.

Related