SARIE

Kurators help ons kies

“Soveel paaie, soveel ompaaie; soveel keuses, soveel foute,” het Sarah Jessica Parker van Sex and the City-faam eenmaal opgemerk oor ’n ooraanbod van dinge om te koop.

Is daar té veel om uit te kies, koop jy dikwels niks of skram van die ervaring weg. Jy voel oorweldig. Dit is waar die nuwerwetse kurators hul buiging kom maak – hulle help ons kies. Moet hulle egter nie verwar met die tradisionele kurators wat museumstukke versorg of kunsitems uitsoek vir uitstallings nie.

“Kurator” kom van die Latynse woord “cura”, wat beteken “omsien na”. Dit was kort ná die aanbreek van die nuwe millennium wat die tendens van die kuratorskap van produkte (“curated consumption”) begin het – toe die wêreld interaktief geraak het. Die internet het ’n nuwe wêreld vir ons almal ontsluit.

Maar dit het ook ’n ooraanbod meegebring van inligting, van enigiets onder die son, wat jy met ’n klik of twee bereik.

Wat die nuwe “verbruiker”-kurators doen, is om die kaf van die koring te skei sodat jy die regte keuse kan maak uit die magdom aanbiedings oor wát om te koop, wátter ervarings om in te belê of watter webblad om te lees.

Soos die Amerikaanse ontwerper Ron Pompei dit

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE4 min read
Dubbel So Lekker
Hier kombineer ons Britse pondkoek met klassieke krummelpoeding. Jy kan ook die koek voorsit met vanieljevla vir ’n ander geur. genoeg vir een 18 cm-broodjie KRUMMELLAAG ■ 50 g (60 ml) strooisuiker■ 70 g (125 ml) koekmeel■ 115 g (125 ml) koue bo
SARIE3 min read
Luuks
Daar is iets bekorends aan die aand wanneer die son sak en die hemelruim met stadsliggies en sterre verlig word. Met Chanel se Rouge Allure Velvet Nuit Blanche-lipstiffie (R1 075) in jou handsak, kan jy glansryk op jou aandafspraak gaan. Waag met ’n
SARIE3 min read
2 Is Beter As 1
Met die onlangse filmtoekenningsaande het wit-en-swart uitrustings die rooi tapyt oorheers en ons dink veral aan Carey Mulligan se rok by die Oscars. Dié klassieke kleurkombinasie is ook ’n wenner vir alledaagse uitrustings en veral treffend by ’n 19

Related