GISTER SE WONDERS
As ek ’n krismisroos sien, is ek weer vyf en binne-in my ouma se tuin. En ek soek feetjies.
Ek onthou teetyd in Pietermaritzburg waar ons hertzoggies, melktert en kleinkoekies geëet het, en ruik weer die katjiepiering in ’n kristalpotjie op Ouma se spieëltafel. En ek stap in my gedagtes saam met Oupa waar hy sy groot, rooi tamaties en bete wys wat hy trots uit sy groentetuin trek.
Op 53 maak dié gedagtes my steeds gelukkig.
Die woorde van die Mexikaanse digter Víctor Téran beskryf die gevoel so mooi: ‘Nostalgie lê soos ’n hangmat in my hart.’
Dít is daardie plek waar ons veilig voel, waarheen almal se koppe en harte soms ver draaie loop. Na tuisgebakte brood uit jou tannie se plaaskombuis, die snoesige komberse wat jou ma van oorskietwol gehekel het, familieetes aan tafel, toe ons nog geséls het en nie net met sosiale media ‘gepraat’ het nie.
Natuurlik was die ‘goeie
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days