Idees

UIT DIE HART

As selferkende sentimentele Clutter Queen sal ek sukkel om van die goeters op my koffietafel ontslae te raak.

So baie van die ornamente in my huis is geskenke wat vriende vir my gemaak het. Baie kosbaar vir my – maar dit gaan vir seker nie reuse-bedrae op ’n Sotheby’s-veiling haal nie.

Dis geskenke van spesiale mense. Mense met wie ek al ’n pad gestap het. En hopelik nog ’n hele paar roetes gaan aflê.

Ek betrag die ‘vondste’ voor my op die tafel. ’n Blinkrooi potjie wink. Dis die handewerk van my ‘Boegoe-vriendin’, soos ek haar noem. Sy stuur ’n mens nooit huis toe sonder ’n paar takkies boegoe uit haar tuin nie. Dís Laura. Sy is ook ’n knap pottebakker.

Die einste Laura, wat neffens my in die Libertaskoor pret gehad het, is ook lief vir klippe. En wanneer sy in die veld stap en ’n klipper gewaar waaroor die gekko’s draf, tel sy dit op, en deel dit uit. Een van daardie pienkerige klippe pryk op my boekrak.

Waar begin ek vertel van al die blikke, kissies, kussings, kuns en dinge wat ek so met die jare by vriende gekry het? Selfgemaakte goed. Of optelgoed.

Die groen-geel-en-rooi boks met goue patrone

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees2 min read
Vanieljekoekies Op 4 Maniere
Maak: omtrent 30 koekies Bereidingstyd: 1 uur, plus yskastyd Baktyd: omtrent 15 minute per baksel Oondtemperatuur: 170 ºC ♥ 250 g (270 ml) sagte botter ♥ 140 g (160 ml) strooisuiker ♥ 2 groot eiergele ♥ 5 ml vanielje-ekstrak ♥ 360 g (660 ml) koekmeel
Idees3 min read
Onthoutye
Baie mense dink 'n plattelandse bestaan is 'n lewe van gemak en duursame dienlikheid, maar styl was nog nooit iets wat Illze Muller kon afskeep nie. Sy is die vrou met die kop vol drome agter die interieur van dié 180 jaar oue plaashuis. Teen die tyd
Idees1 min read
Stensil Met Gips
Versier papier met 'n mooi gips-ontwerp. Plaas 'n stensil op die papier, verf 'n laag gips daaroor en verwyder die stensil terwyl die gips nog nat is om die ontwerp te onthul.

Related