Rooi Rose

HANNES VOLUIT VORENTOE

My kind, jy moet doen wat jou gelukkig maak! Met dié woorde van sy ouers, Hennie en Mariet, het Hannes van Wyk, die gemoedelike ankeraanbieder van die kykNETjoernaalprogram Kwêla, die toekoms omhels en ’n loopbaan uitgekap waarop hy trots is.

“Dit is die grootste geskenk wat hulle my ooit kon gee. Ek sal hulle altyd dankbaar wees. My wonderlike ouers was gewone plattelandse mense wat drie kinders geleerdheid gegee het en hulle dikwels tekort moes doen om ons alles te gee. Hulle het ons grootgemaak om aan ander te doen wat jy wil hê hulle aan jou moet doen. Ek probeer dit elke dag uitleef.”

Hannes is die laatlammetjie. Sy broer, Attie, werk in die korporatiewe wêreld in Johannesburg en sy suster, Wena, is ’n verpleegkundige in Bloemfontein.

Hannes se pa is vyf jaar gelede op 79 oorlede en sy ma (85) woon in ’n aftreeoord op hul tuisdorp Aliwal-Noord. “Ons is ontsettend lief

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rooi Rose

Rooi Rose2 min read
SWEEF soos ’n AREND
In Griekwastad is jy ’n veroordeelde gesinsmoordenaar. Het dit emosioneel ’n tol geëis? Met die voorbereiding vir die rol het ek gesukkel om op die emosionele vlak van sekere tonele te kom, en dit was vir my moeilik om iemand te speel oor wie ek gee
Rooi Rose2 min read
OP die RAK
Beet, tamatiesous, rooiwyn … Jy ken daardie nare gevoel as jy op jou gunsteling-kledingstuk mors. Die geheim is om so gou moontlik iets aan die vlek te doen, maar ligloop vir skerp middels wat die materiaal kan beskadig. Personal Touch Fabric Stain R
Rooi Rose6 min read
In Haar Element
Daar het baie water in die see geloop sedert ons Therese Bam as die gefolterde kelnerin Katryn in Jan Scholtz se dramareeks Song vir Katryn leer ken het. Dit was die jaar 2003 en kykNET se amptelike eerste dramareeks. Katryn, ’n kelnerin met ’n donke

Related