Rooi Rose

IN SEPIELAND

Lindsey se karakter Chanel, wat sy al meer as ’n jaar in ‘Binnelanders’ vertolk, is nie so ’n bedorwe brokkie soos haar vorige karakters nie

LINDSEY ABRAHAMS

Lindsey se lang raafswart hare, kuiltjies en groot bruin oë vang dadelik die oog. Toe sy in 2018 in die kykNET-dramareeks Knapsekêrels haar debuut as die bedorwe brokkie Chantel gemaak het, het dié pikkie gewys jy moet haar nie op haar voorkoms takseer nie, want sy kan en mag maar toneelspeel.

Die boorling van Atlantis in die Wes-Kaap vertel sy het van kleins af saam met haar ouma Dorothy sepies soos Days of Our Lives gekyk. “Ek wou van jongs af aktrise word maar het gedink dit is vergesog om drome te koester om eendag op televisie te wees,” vertel sy beskeie.

Sy het op hoërskool dramaklasse geneem, en hoewel haar drama-onnie haar aangeraai het om eerder ’n sangloopbaan as ’n toneelloopbaan te kies, was die donkerkop vuur en vlam om haar droom na te

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rooi Rose

Rooi Rose1 min read
Vergrote Prostaat
(Ook genoem BPH of benigne prostaathiperplasie). Hierdie nie-kanker prostaatvergroting is die algemeenste mannekwelling. Om een of ander rede bly die prostaat groter raak. Tipiese simptome is die aanhoudende behoefte om kort-kort te urineer, stadige
Rooi Rose3 min read
OORLEEF Jou Egskeiding
Dis nooit net jy en jou eggenoot wat skei nie. Dit beteken ’n verdeling, en soms ’n gepaardgaande bitter stryd wat van kinders, finansies, vriende en familie tot selfs troeteldiere raak. ’n Egskeiding kan soos ’n slagveld wees waar jy heeltyd aan die
Rooi Rose1 min read
Nog Wenke
• Sukses in die geleentheidsekonomie beteken ook harde werk, selfdissipline en bestuur. • Beoordeel jou aptyt vir risiko en jou selfbestuursvernuf en kry afrigting sou jy dit benodig. • Definieer sukses vir jouself, asook die rede waarom jy geleenthe

Related