Huisgenoot

ONS TROU, WANT ONS KAN!

EWE blond. Ewe mooi. Hy sportief in ’n T-hemp en swembroek. Sy in ’n vloeiende, mosterdkleurige top bo-oor ’n grys T-hempie en geskeurde jeans langs hom op die rotse. Kompleet soos modelle in ’n advertensie vir die een of ander gesondheidsproduk. Heilsaam en sag op die oog vir die fotosessie.

Dan skree iemand uit die gewilde Delfino’s-restaurant aan Mosselbaai se Puntstrand daar naby: “Geluk, Katinka!”

“Dankie, ek waardeer,” groet die pas verloofde jong vrou wie se oë selfs meer blink as die klippie wat aan haar vinger flonker.

Katinka Oosthuizen, aanlyn beter bekend as Katinka die Kat, fluister en lag saggies: “Dis hoekom ek in Desember nie eintlik uitkom nie.”

Mense weet wie sy is, want Katinka (21) was verlede en het die topdrie gehaal in die sesde seisoen wat in die Filippyne afgespeel het. Deesdae bied sy die VIA-musiekprogram aan, en daarvoor pendel sy tussen Mosselbaai en Johannesburg.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Die Goeies, Die Grotes En Die Mooies
Clint het al meer as 40 keer in die regisseurstoel gesit en in meer as 70 flieks verskyn. In The Good, the Bad and the Ugly was hy “the man with no name”, maar ná die western het álmal sy naam geken. In 1992 het hy die Wilde Weste op ’n heel ander ma
Huisgenoot1 min read
Agter Die Skerms
▶ Die reeks is in die noordelike voorstede van Kaapstad verfilm, asook op Stellenbosch en in die Jonkershoek-omgewing. ▶ Die vervaardigers het ’n ou herehuis op ’n kleinhoewe naby Durbanville gehuur om as Oupa en Ouma se huis te dien. Hulle het die p
Huisgenoot11 min read
GlutenVRYE LEKKERnye
t – teelepel/s e – eetlepel/s k – koppie/s BEREIDING: 20 MIN. / GAARMAAK: 30-40 MIN. KOEK ◗ 220 g amandelmeel◗ 50 g glutenvrye hawermoutmeel◗ 5 ml (1 t) bakpoeier◗ 2,5 ml (½ t) sout◗ 3 groot eiers, by kamertemperatuur◗ 75 ml gesmelte en afgekoelde kl

Related