Huisgenoot

WAT LÊ VOOR IN DIE NUWE JAAR SE NUUS?

GEDINK verlede jaar was vol politieke drama, ekonomiese kopsere en klimaatsvrese? Maak jou sitplekgordel vas, want 2020 sal waarskynlik ook ’n wipwarit wees. Die nuwe jaar hou groot uitdagings in, voorspel die kenners.

Dít is wat vanjaar in die wêreldnuus en plaaslik voorlê.

WÊRELDPOLITIEK

AMERIKA SE LEIERSKAPSTRYD

Kort voor ons saktyd is pres. Donald Trump in ’n staat van beskuldiging geplaas deur die Amerikaanse huis van verteenwoordigers, maar kenners voorspel die senaat sal hom onskuldig vind.

Trump se teenstanders wil hom laat vervolg omdat hy Oekraïne probeer beïnvloed het om Joe Biden, sy voorste teenstander in November se Amerikaanse presidentsverkiesing, te ondersoek.

Hoe sal Trump in die verkiesing vaar gegewe die moeilikheid waarin hy hom bevind?

Die hele sage “kan sy kans om herverkies te word benadeel”, meen prof. Dirk Kotzé, ’n politieke ontleder aan Unisa.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot6 min read
Menings Oor Stories Op Huisgenoot.com
Hy gaan op 72 deur ’n rowwe tyd weens rugbeserings, sê Leon Schuster. Maar hy maak grappies deur die pyn – en hy gáán nog sy droomfliek maak My prins, ek love jou en bid vir jou. Wees sterk my ou en beweeg, staan op, beweeg. My liewe grapjas, hou net
Huisgenoot6 min read
Tuindoepa
ALLES is in skakerings van groen. Swartgroen struike groei welig in die skadu van die fluoressente geelgroen koorsboom. ’n Groepie unieke blougroen broodbome word deur olyfgroen siergras omsoom. Eenkant groei die skoonma-se-tong. Geharde blaartonge k
Huisgenoot2 min read
Babanuus
NÁ WEKE van bespiegeling het JUSTIN en HAILEYBIEBER eindelik die aap uit die mou gelaat – daar’s ’n kleinding op pad. Die egpaar het die nuus met ’n videogreep en foto’s op Instagram gedeel. Die aankondiging het hul aanhangers gaande gehad, want geru

Related