Huisgenoot

GEREGTIGHEID, MAAR DIE SEER BLY

HY IS brandmaer waar hy in die beskuldigdebank met sy rug na die regter toe staan. Hy’t pas die woorde gehoor wat sy naastes al maande lank vrees, maar oor sy gesig flits geen sweempie emosie nie. Kiertsregop staan hy met sy hande in sy broeksakke en wag sy ma in wat vorentoe hardloop om hom te omhels. Sy druk haar enigste kind styf teen haar vas.

En dan is dit hý wat gerusstellend met die snikkende vrou praat terwyl hy haar hande styf tussen syne vashou.

Hier in die snikhete hofgebou in Mmabatho in Noordwes het die skokkende Stella-moordsaak pas ’n dramatiese einde bereik. Met die eentonige ge-druis van ’n enkele waaier as klankbaan het regter Ronald Hendricks saaklik sy bevinding uitgelees: Xander Bylsma (20) is skuldig op twee aanklagte van moord.

Hy hét sy eksmeisie, Sharnelle Hough (17), en haar boesemvriendin, Marna Engelbrecht (16), in die vroeë ure van Saterdag 26 Mei 2018 in die meisieskoshuis van die Hoërskool Stella op dié dorp in Noordwes vermoor. Jaloesie en wraaklus het hom gedryf om die ondenkbare te doen – hy het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Op Die Skoolbanke …
ANTWOORDE: 1. JESSICA ALBA, 2. AVRIL LAVIGNE, 3. NICOLAS CAGE, 4. CINDY CRAWFORD, 5. BARACK OBAMA, 6. QUEEN LATIFAH, 7. OWEN WILSON, 8. MADONNA, 9. TOM HANKS ■
Huisgenoot5 min read
Nog Aan Die Brand
MY PA is dood toe ek 17 was. Ek het skool gelos en begin boer. Met geen ondervinding nie. Op 23 het ek die plaas verloor. Ek het nie geweet waarnatoe nie. Selfs plaasvoorman probeer wees, maar dit het ook nie gewerk nie. Ek het niks geweet van boer n
Huisgenoot2 min read
Vuurvliegies
VERBEEL jou dis laat op ’n warm someraand en skielik kry die naglug om jou lewe. Oral dartel vrolike klein liggies rond wat die landskap in ’n sagte gloed omhul. Dis die vuurvliegies wat uitgekom het en nou met mekaar maats maak deur hul liggies te f

Related