BIBI kom by die Babbelboomhuis aan. Sy het ’n groot swart motorband by haar.
“Wat het jy daar beet?” vra Paloeka die leeu nuuskierig toe hy die ronde ding oor Bibi se skouer sien.
“Dis ’n verrassing. Julle sal netnou sien,” sê Bibi geheimsinnig.
“Oe, ek hou baie van verrassings,” sê Palawa die kameelperd.
Bibi gaan sit die televisieskerm aan om die videoboodskap met die vraag van die dag te speel.
“Hallo, Babbelbende. Ek wil weet: Wat is weerlig?” vra die maatjie op die skerm.
“Is weerlig nie elektrisiteit nie?” vra Paloeka.
“Ja, ek dink dit is,” sê